Friday 1 May 2015

HETTIE SE SUURROOMDEEG



Maggie de Castro
HETTIE SE SUURROOMDEEG:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/hettie-se-suurroomdeeg.html

100 g botter
150 g koekmeelblom
Knippie sout
125 ml (½ k) suurroom

Sny die botter in dobbelsteentjies en pols saam met die meel en sout in ‘n voedselverwerker tot dit die tekstuur van fyn broodkrummels het.
Voeg die suurrroom in, druk die deeg liggies bymekaar totdat dit ‘n deegbal vorm
Draai in kleefplastiek toe en laat rus vir 20min.
Rol uit op meelbestrooide oppervlak.

WEN-WENKE VIR UITHALER PASTEIDEEG:

1. Pasteie het ligte, bros deeg nodig. Gebruik iets soos suurroom-, karringmelk- of broskorsdeeg wat maklik is.
2. Werk vinnig en moenie die bestanddele oormeng nie. Dit maak deeg taai, moeilik om te rol en dit krimp meer wanneer dit bak. (gluten ontwikkel in die meel as jy dit bewerk)
3. Voedselverwerker: wees ekstra versigting om deeg nie te oorwerk nie. Haal dadelik uit die mengbak sodra bal vorm en druk verder met die hand bymekaar.
4. Laat deeg rus: dit ontspan die gluten.
5. As jy die deeg rol en dis te slap, sit in die yskas om te verkil.
6. Bestrooi die roloppervlak liggies met meel, sodat die deeg nie vassit nie.
7. Deeg kan 2 dae hou in die yskas; bedek met kleefplastiek.
(Hetta van Deventer – kyknet)

No comments:

Post a Comment