Monday 11 May 2015

PEKANNEUT TERT


PEKANNEUT TERT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/pekanneut-tert.html

Bestanddele:
Ongebakte broskorsdeeg (jou eie resep of gekoop)
186 g pekanneut helftes
113 g strooisuiker
236 ml goue stroop
60 ml ingedampte melk
3 eiers, geklits
10 ml (2 teelepels) vanielje
11 g (3 eetlepels) meel
knippie sout
56 g gesmelte botter

Metode:
Voer 'n tertbak met die deeg uit en laat dit solank rus terwyl jy die res van die resep aanmaak - moet nie die deeg vooraf bak nie. 
Kap ongeveer 2/3 van die pekanneute, laat die res heel. Plaas al die pekanneute in die bodem van die tert - ek strooi eerste die gekaptes onder en plaas dan die heel neute bo-op. Volgende keer gaan ek sommer nog ekstra neute insit, want dit is net te lekker.Meng die geklitste eiers met die suiker en gouestroop, en voeg dan al die oorblywende bestanddele by. Voeg die gesmelte botter laaste by. Meng tot eenvormig en gooi dan bo-oor die pekanneute. Plaas in die oond en bak teen 175C vir 50-60 minute. Ek het die tert hier teen 40 minute begin dophou en dit toe toegemaak met 'n stukkie foelie om te keer dat die neute en suiker nie te donker raak nie. Ek het nie my tert langer as 50 minute gebak nie, maar alles sal afhang van jou eie oond. Ek kan dit werkliklik aanbeveel met 'n lekker koppie koffie of tee en dalk selfs 'n skeppie roomys as jy hom warm bedien. Geniet!
(Kaalvoet in Engeland)

No comments:

Post a Comment