Friday 29 May 2015

PIESANG EN WORTELMUFFINS



Maggie de Castro

PIESANG EN WORTELMUFFINS:
(24 Muffins)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/piesang-en-wortelmuffins.html

Bestanddele:
500 ml (2 k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
5 ml (1 t) gemengde speserye
500 ml (2 k) volgraanmeel
100 ml semels
100 ml muesli
50 ml klapper
50 ml sonneblomsaad
100 ml pitlose rosyntjies
50 ml lynsaad
250 ml (1 k) sonneblomolie
3 eiers
10 ml (2 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) gerasperde wortels
6 fyngemaakte piesangs
10 ml (2 t) fyn kaneel
5 ml (1 t) sout
5 ml (1 t) koeksoda
gevlokte amandels

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit twee muffinpanne.
1 Sif die koekmeel, bakpoeier en speserye saam. Voeg die volgraanmeel, semels, muesli, klapper, sonneblomsaad, rosyntjies en lynsaad by.
2 Klits die olie, eiers, geursel en melk saam. Meng die wortels en piesangs by.
3 Voeg die droë bestanddele by; roer tot net gemeng.
4 Skep in die panne, strooi die amandels oor en bak 25-30 minute.

WENK: Die muffins vries goed.
(Huisgenoot)

No comments:

Post a Comment