Tuesday 26 May 2015

SMELT IN DIE MOND KARAMELKOPPIES

Maré Nieuwoudt
SMELT IN DIE MOND KARAMELKOPPIES:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/smelt-in-die-mond-karamelkoppies.html

Ons twyfel of jy selfs net ’n teelepel van hierdie heerlike sjokoladekaramelnagereg sal wil deel.

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 30 min.

Bestanddele:
500 ml (2 k) room
125 ml (½ k) melk
’n knippie sout
250 ml (1 k) suiker
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
400 g melksjokolade, fyn gekap
5 eiergele

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1.Verhit die room, melk en sout in ’n klein kastrol oor matige hitte tot warm. Bedek om warm te hou.
2.Meng die suiker en 60 ml (¼ k) water in ’n ander klein kastrol oor matige hitte tot die suiker oplos. Kook terwyl jy die kastrol af en toe swaai. Verwyder van die hitte en voeg die warm roommengsel versigtig by die karamel.
3.Roer die vanieljegeursel en sjokolade in en roer tot glad. Klits die eiergele in ’n middelslagbak en voeg die karamelmengsel in ’n dun straal by terwyl jy roer.
4.Verdeel die mengsel tussen 6 ramekins en plaas in ’n bain-marie. Bedek die ramekins dig met foelie en bak 25 min. of tot geset om die kante en amper geset in die middel.
5.Haal die ramekins uit die water en laat afkoel tot kamertemperatuur. Bedek met kleefplastiek en verkoel tot koud.

Deur Hope Malau/HUISGENOOT

No comments:

Post a Comment