Thursday 7 May 2015

VIS QUICHE

Mare Nieuwoudt
VIS-QUICHE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/05/vis-quiche.html

’n Ligte en maklike quiche. Gebruik gerookte vis vir ’n sterker geur.
(Genoeg vir 4)

Bestanddele:
400 g broskorsdeeg
300 g aartappels, in skywe gesny
250 ml (1 k) room
2 eiers
2 takkies tiemie, grof gekap
skil van 1 suurlemoen
sout en peper
200 g stokvisfilette
’n klein hand vol pietersielie, gekap

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 4 tertbakke.
1.Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en voer dan die tertbakke daarmee uit. Sny enige oorhangende deeg af en blindbak 5 min. of tot goudkleurig. Verwyder die bakpapier en bak nog 5 min. of tot gaar.
2.Kook die aartappels 8 min. of tot sag in kokende soutwater en dreineer. Klits die room, eiers, tiemie, suurlemoensap, sout en peper saam in ’n groot mengbak. Rangskik die helfte van die aartappels op die bodem van die tertdop en vul die gapings tussen die aartappels met stokvis.
3.Giet die helfte van die eiermengsel oor en herhaal tot al die bestanddele gebruik is. Bak 20 min. of tot geset en verbruin.
4.Laat 10 min. afkoel voor jy die terte uit die bakke haal. Bestrooi met pietersielie en sit warm of koud voor.
Deur Hope Malau/HUISGENOOT
Foto: Misha Jordaan

No comments:

Post a Comment