Thursday 18 June 2015

CAPPUCCINO TERT


Maggie de Castro
CAPPUCCINO TERT:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/cappuccino-tert.html

Bestanddele:
2 pakke (200 g elk) Tennisbeskuitjies
500 ml (2 k) vars room, verkoel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
25 ml (5 t) sterk swart koffie
1 groot (100 g) Aero-sjokolade
4 groot (100 g elk) grondboon-
broslekkers (peanut brittle)
125 ml (½ k) gemengde neute, grof gekap

Metode:
Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies op die boom van ’n tertbak van 24 cm.
Klits die room tot styf. Voeg die karamelkondensmelk en koffie by en klits liggies tot glad.
Druk die sjokolade en broslekkers met ’n rolstok fyn.
Skep ’n laag van die karamelmengsel oor die Tennisbeskuitjies in die bak en sprinkel ’n laag sjokolade en broslekkers oor. Hou ’n paar beskuitjies eenkant en herhaal tot die koekies en vulselbestanddele op is.
Druk die orige beskuitjies fyn en sprinkel dit saam met die neute oor die tert. Plaas oornag in die yskas om te stol.
(Boerekos Kookengeniet)

No comments:

Post a Comment