Wednesday 10 June 2015

DIABETIESE SAGOPOEDING IN DIE MIKROGOLF


Sonia van Niekerk - Maharaj
DIABETIESE SAGOPOEDING IN DIE MIKROGOLF:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/diabetiese-sagopoeding-in-die-mikrogolf.html

(4 klein porsies)

… hierdie is ‘n aanpassing van een van ons eie resepte op die blog deur Thea Sonnekus. Dis vinnig sponserig en heeeeeeeerlik en niks vooraf geweek nie.

Bestanddele:
2 k laevet melk
½ kop sago (hoef nie vooraf te week nie)
2 e tub margarien
2 eiers geskei
1 e Natreen vloeibare versoeter
5 ml vanielje geursel
½ t sout
diabetiese appelkooskonfyt
kaneel

Metode:
Giet die melk, sago en margarien in ‘n bak en mikrogolf vir 10 minute oop by 100% krag (roer gereeld) en daarna 5 min by 50% krag en roer dit elke 2 minute.
Klits die eiergeel en voeg saam met versoeter, vanielje geursel en sout vinnig by die warm sago mengsel.
Mikrogolf 2 minute op 100%.
Vou nou die styf geklopte eierwitte in die warm mengsel in.
Skep die mengsel in 'n glas bak van jou keuse en blop so hier en daar appelkooskonfyt bo-oor en strooi bietjie kaneel oor.
Mikrogolf dit 2 tot 3 min oop by 70% krag. Sit dit warm voor.

Nota:
Soos met alle diabetiese resepte, gebruik en vervang met wat jy alreeds gebruik. Ek gaan dit volgende week met lemoen marmalade prober in plaas van appelkooskonfyt. As jy die Natreen vervang met ‘n poeier versoeter, gebruik ‘n 1/4 tot ‘n 1/3 koppie daarvan.

No comments:

Post a Comment