Thursday 18 June 2015

TAMATIEBLATJANG



TAMATIEBLATJANG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/tamatieblatjang.html

Bestanddele:
1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
250 ml witasyn
250 g sultanas
15 ml mosterdpoeier
15 ml fyn gemmer
15 ml sout
2 uie, in dun skyfies gesny
1 ml rooipeper

Metode:
Dompel die tamaties n paar minute in kookwater en daarna in koue water en trek die skilletjies af. Sny die tamaties fyn.
Meng al die bestandele ,kook dit stadig tot die regte dikte verkry is.
Roer dit af en toe om te verhoed dat dit aanbrand.
Bottel dit warm en maak seker dat geen metaal die blatjang raak nie.

(Boerekos .com)**Mare Nieuwoudt*

No comments:

Post a Comment