Tuesday 30 June 2015

UIESLAAI GEMENG


UIESLAAI GEMENG
8 uie dun gesny
1 Rooi Soetrissie in repies dun gesny
1 Groen Soetrissie in repies dun gesny
2 k Gaar Sampioene [klaar gaar gestoom in mikrogolfoond]
750ml Italiaanse Slaai Olie [sous]
1/2 k Asyn [halwe]
1/4 k Suiker[ hier het ek minder gebruik ]
1t Paprika
1/2 Tiemie
1/2 t Growwe Swartpeper
1T Sout
METODE
Meng al die sous bestanddele baie goed tot suiker opgelos is
Gooi oor jou groentemengsel en staan oornag in yskas
Volgende dag gooi jou groentemengsel deur n vergiettes en dreineer jou sous
Verhit jou sous 3-4min in mikrogolf [nie kook nie]
Verhit jou bottels 2 min in mikrogolf oond en pak jou uiemengsel in
Gooi warm sous oor uie in bottels en plaas in mikrogolf vir 3min
Haal uit ..kyk vir borreltjies en vee randjie skoon af ..
Nou meng jy 2 e Whisky en 2 e Suurlemoensap met mekaar en deel dit bo-op jou botteltjies ...Dit help vir die kleur van jou inmaak en die Whisky help vir die olie wat ons in die slaaisous het om nie *Galserig* te word nie...
Draai nou jou proppe op en keer jou bottels om tot afgekoel...

N.S>
Hierdie Metode gebruik ek altyd as ek Sampioene inmaak in slaai olie en dit hou baie lank.

My eie[Helena Kruger ] verwerking van Ada Vijoen se resep*
  




 


********************************************************************************


 

UIE SLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/uieslaai-gemeng.html

*My eie Verwerking Helena*
Hier het ek Dalene Botha se UIE SLAAI  op 3 manier gemaak
1. Links op foto>
Die sous gekook eenkant ..Pasta skulpies gaar gekook ..Bygevoeg by die sous en vir so 6min gekook en warm gebottel...plaas op rak
2. Middel op foto>
Die sous een kant gekook..So 3 uie fyn gesny en gekook in n halwe koppie van die asyn van resep..Bygevoeg by die sous en vir so 6min gekook en warm gebottel..plaas op die rak
3.Regs op die foto>
Soos die resep onder beskryf..en in die yskas geplaas
**Helena Kruger 6/08/2015 Dankie Dalene Botha

1k tamatiesous.
1k suiker.
1/2k kookolie.
1k asyn.
1tl sout.
Uie geskil en in ringe gesny.
Meng alles en bewaar in yskas.
N.S>ek skat die uie maar. Net sodat die sous dit kan bedek. Hoe langer dit staan, hoe lekkerder.
*Dalene Botha *12/07/2015**Bottel en Bere**


HIER HET EK WEER DIE RESEP BO GEBRUIK EN NET SPAGHETTI BYGEVOEG HEERLIK**HELENA kRUGER  02/11/2015

 

*************************************************************************

 




WEER BIETJIE SPAGHETTI INGEMAAK IN DIE LEKKER SOUS


OUTAN SE UIE SLAAI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/uieslaai-gemeng.html

1k tamatiesous.
1k suiker.
1/2k kookolie.
1k asyn.
1tl sout.
Die sous gekook eenkant ..Spaghetti  gaar gekook ..Bygevoeg by die sous en vir so 6min gekook en warm gebottel...plaas op rak
N.S>[Ek maak die sous 2x aan vir n pak Spaghetti.. op 3 groot bottels..Helena Kruger>04/04/2016



UIESLAAI


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/06/uieslaai-gemeng.html
6 Groot uie in baie dun ringetjies gesny,
1 elk groen, rooi, geel soetrissies in ewe dun repies gesny(pitte verwyder),
bring 3 botteltjies Griekse Vinaigrette,
halwe koppie asyn en
kwart koppie suiker
en half teelepel paprika tot kookpunt.
Voeg uiemengsel by en prut op lae hitte vir 4 minute, bottel warm.

**Ada Viljoen**Bottel en Bere*

 

No comments:

Post a Comment