Saturday 18 July 2015

BOTTERSKORSIE EN WORTELKOEK

Martin Neethling

BOTTERSKORSIE EN WORTELKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/botterskorsie-en-wortelkoek.html

KOEK
2 eiers
250 ml (1 k) sagte bruinsuiker
187 ml (¾ k) olie
2,5 ml (½ t) vanielje
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
knypie sout
250 ml (1 k) gaar botterskorsie, verpulp
250 ml (1 k) wortels, fyn gerasper
50 g (½ pakkie) gemengde neute, gekap

VERSIERSEL
192,5 g (½ blik) gekookte kondensmelk
50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt
625 ml (2½ k) versiersuiker, gesif
125 g (½ bakkie) laevetroomkaas teen kamertemperatuur
METODE:
Stel oond op 160 °C.1 Koek Klits eiers en bruinsuiker goed saam.
2 Voeg olie en vanielje by en klits goed.
3 Sif koekmeel, bakpoeier, kaneel en sout. Roer meelmengsel by eiermengsel tot goed gemeng.
4 Meng botterskorsie, wortels en neute en vou by beslag in.
5 Verdeel beslag in twee gevoerde koekpanne met 20 cm-deursnee.
6 Bak vir 30 min. of tot toetspen skoon uitkom.
7 Laat bietjie in koekpanne afkoel. Keer koeke op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.
8 Versiersel Roer kondensmelk tot glad. Roer gesmelte sjokolade by.
9 Roer versiersuiker en roomkaas beurtelings by kondensmelkmengsel tot glad.
10 Versier koek soos verkies 
(Bron- Vrouekeur)

Martin Neethling:
Ek het die olie vermeerder na 250 ml en ekstra eier bygesit. Verder het ek 2 koppies gerasperde wortels bygevoeg. Ook gedoen met bruismeel, en net 5 ml bakpoeier bygesit. Baktyd was bietjie langer, so ongeveer 45 minute tot gaar.

Zelda Kritzinger Gouws: 
Ek eet nie sjokolade so het die gesmelte sjokolade by die topping net uitgelos. Dis n blik caramel condensed melk, n hele houer roomkaas (was verskriklik soet net met halwe houer) en 2 1/4 koppie gesifte versiersuiker...alles saam geklits en oor koek gegiet...dit is n baie loperige topping so ek sal volgende keer dit eers n uur of wat in die yskas sit en dan op koek smeer.

No comments:

Post a Comment