Thursday 9 July 2015

DIM SUM


HANDGEMAAKTE DIM SUM
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/dim-sum.html

Hierdie Dim Sum is in bamboes mandjies bo-oor die aftreksel gestoom en verskaf wonderlike vermaak vir die gaste.
• 500g vark maalvleis
• 1/2 klein blikkie bamboo shoots
• Sojasous na smaak
• 20ml saki
Vir die deeg
• 2 koppies koekmeel
• 3/4 koppie warm water
• sout
• Basilliekruid blare
Vir die deeg meng jy net die meel water en sout saam en vorm ’n deeg. Knie dit bietjie en laat staan om te rus. Begin nou met die vulsel.
Kap die bamboo shoot bietjie fyner ek gooi dit by die vark maalvleis in ’n bak. Voeg die res van die bestanddele by en roer baie goed.
Sodra die deeg bietjie gerus het kan jy dit baie dun uitrol. Ons het sommar ’n pasta masjien gebruik.
Sny nou sirkels uit en sit teelepels vol van die vleismengsel in die middel. Gebruik bietjie water en vou die sirkel toe. Druk die punte bymekaar en druk effens plat. Jy kan nou die deegpakkies in die stomer sit, bo op ’n basilliekruid blaar. Hulle stoom vir ongeveer 8 minute of tot die maalvleis gaar is.*Kyk Net*

No comments:

Post a Comment