Thursday, 9 July 2015

PAP EN CHAKALAKA



Pap en Chakalaka


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/pap-en-chakalaka.html
Pap

500 ml water
3 ml sout
10 ml botter
225 g mieliemeel
1. Bring water, sout en botter saam tot kookpunt in ’n kastrol.
2. Meng mieliemeel met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta.
3. Voeg mieliemeel-pasta by en roer tot pap gaar en dik is.
Chakalaka
30 ml olie
1 ui, gekap
1 huisie knoffel, gekneus
3 cm gemmer geskil en gerasper
15 ml kerrie-poeier
3 wortels grof gerasper
420 g boontjies in tamatiesous
410 g tamatie en uie sous
sout en peper na smaak
1. Verhit die olie en braai die ui tot sag.
2. Voeg knoffel en gemmer by en braai vir 1 minuut.
3. Voeg wortels by en braai vir 2 minute.
4. Voeg die twee blikke se inhoud by
5. Meng en verhit goed.
6. Voeg sout en peper na smaak by.
*Kyknet*