Thursday 9 July 2015

SOUTVIS


Soutvis

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/soutvis.html

500 g sout snoek (in stukke gesny)
250 ml melk
2 groot uie, opgesny
2 huisies knoffel, fyngekap
125 ml olyfolie
200 g aartappels, gekook en in skywe gesny
19 ml botter
sout en peper na smaak
gekapte pietersielie
2 hard gekookte eiers, in driehoekies gesny
swart olywe
1. Week die vis oornag in water.
2. Spoel af en plaas in ‘n pot, bedek met kook water.
3. Plaas die deksel bo-op en laat dit verder week vir 20 minute.
4. Dreineer en verwyder die beentjies en vel.
5. Kap die stukke vis op tot fyn.
6. Dreineer die vis en bedek met gekookte melk vir nog 90 minute.
7. Braai die uie en knoffel in olyf olie en voeg die aartappels by.
8. Dreineer die vis en voeg dit by die mengsel.
9. Meng baie saggies sodat die vis en aartappel nie in stukke breek nie. Voeg sout en peper by na smaak.
10. Plaas die mengsel in ‘n oondvaste pan, drup bietjie olyfolie bo-oor en bak by 200 C° vir tien minute.
11. Verwyder uit die oond en sprinkle die gekapte pietersielie bo-oor.
12. Garneer met die swart olywe en eier driehoekies.*Kyknet* 9/07/2015

No comments:

Post a Comment