Friday 10 July 2015

AGURKIE KONFYT




AGURKIE KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/agurkie-konfyt.html

Moenie die lang stingels van die agurtjies afsny nie.
Sny 'n kruisie aan die onderkant van elke agurtjie.
Prik die agurkies hier en daar.
Maak 'n oplossing v
an
15ml gebluste kalk per 3,5 liter water.
Laat dit 'n rukkie staan sodat die kalk kan afsal en giet die kalkwater af.
Week die agurtjies oornag in die helder kalkwater.
Spoel dit die volgende dag goed in vars water af.
Gebruik vir die stroop,
750ml water,
500g witsuiker en
25ml suurlemoensap vir elke 500g agurtjies.
METODE
Verhit die water, suiker en suurlemoensap tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Voeg die agurtjies by en kook dit matig tot vinnig totdat die agurtjies deurgekonfyt en die stroop dik is. Skuim dit af wanneer nodig.
Laat die agurtjies oornag in die stroop le.
Bottel en verseel dit die volgende oggend.
Bewaar op koel donker plek.**
Annette Human se Lekker vir Later**

No comments:

Post a Comment