Friday 31 July 2015

GEROOKTE HOENDER

GEROOKTE HOENDER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/gerookte-hoender.html

Johan Coetzee

More Pieter ek doen hom so en dis al hoender wat ek eet
Dit neem net 25 min
Ek sit die stoofplaat op sy hoogste en wag tot dit rooi is dan sit ek die pot op om te rook
Ek dink heel hoender sal so 30 min neem
Ek gebruik Southern coating om die hoender in te rol

VRAAG**
Pieter Coetzee
Ek wil graag n heel hoender rook, hoe kan ek dit in my kombuis doen?

BESPREEKINGSIlze Steyn

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/gerookte-hoender.html

My heel hoender het fantasties uitegekom so gerook bo-op die stoofplaat.
Ek het 'n lekker groot diep Wok gebruik, ook met foelie uitgevoer en rakkie ingesit.
Plaat op hoogste hitte vir 10 minute, dan verminder na medium vir nog so 40 minute.
O ja, natuurlik 'n styfpassende deksel.
Irene Conradie

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/gerookte-hoender.html

Sit drukkoker se deel met gaatjies in jou platboom pot gooi saagsels onder in pot steeek aan die brand dan rook jy die hoender so gerookte hoender baie lekker sny dit in stukke
Lily Van Tonder

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/gerookte-hoender.html

Voer enige hoë pot uit met foelie.
Rooibos teesakkie of saagsels wat jy verkies op bodem.
Enige rakkie wat binne-in jou pot pas bo-oor saagsels.
Sit hoender stukke bo-op en rook vir 25-30 min. Deksel moet stewig pas.

TABEL GEPLAAS DEUR Lily van Tonder
 



Dalene Brits
en wenke. Kyk gerus daarna:

Hierdie artikel is geplaas in Kamkos
BEROOK KOS OP GESONDE WYSE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/gerookte-hoender.html

[ONBEKEND]

NOUDAT omtrent almal van ons die trotse eienaars is van platboom- swart ysterkastrolle waarin ons alte lekker potbrood bak, wil ek wys hoe om diese
lfde kastrol te gebruik om tuis, op jou gewone stoof, sonder enige beslommernis, gerookte lekkernye te berei. Dié gaarmaakmetode kom oorspronklik van Amerika, waar dit ``smoke roasting'' genoem word. Die vleis word in die droë hitte van die kastrol gaargemaak en terselfdertyd kry dit 'n rookgeur. Moet egter nie dié metode verwar met die fabriekmetodes wat gebruik word om vleis 'n gerookte geur te gee nie. Dáár word die vleis eers in pekel geweek voordat dit berook word. Soms word dit nooit eens berook nie, maar net met 'n rookgeursel behandel. Kom ons rook liewer self tuis op die natuurlike, gesonde manier.
Watter soort voedsel kan berook word?

Hoender gee uitstekende resultate, asook skaap- en varkribbetjies, boerewors, sagte heel skaap en bees- en varkvleissnitte soos lendestuk en boudvleis.
Olierige vissoorte soos snoek, engelvis en forelle is ook geskik. Watter gereedskap het jy nodig?
'n Diep kastrol met 'n swaar, plat boom. Die kastrol moet 'n digpassende deksel hê. As die deksel nie meer goed pas nie, moet jy 'n stuk tinfoelie bo-oor die kastrol sit en dan die deksel daarop indruk sodat die rookwalms nie ontsnap nie. Onbehandelde hardehout-saagsels. Behandelde saagsels mag nie gebruik word nie, omdat dit gifstof bevat. 'n Sagte houtsoort soos denne is ook nie geskik nie - die geur is te skerp. Gebruik liefs eikehout-saagsels, of enige ander goeie, harde hout. Moet nie te veel saagsels gebruik nie, dit gee 'n bitter smaak aan die vleis en die kleur sal te donker wees. Ek het die poeier-fyn saagsels gebruik wat by die meeste sportwinkels te koop is.
'n Klein, plat metaal-potstaandertjie om die houer waarin die kos geplaas word so effens van die kastrolboom te lig, sodat die rook kan sirkuleer.
'n Metaalhouer waarin die voedsel geplaas kan word, bv. 'n foeliebakkie of 'n ou koekpan wat jy nie meer gebruik nie. Die houer moet 'n rapsie kleiner as die kastrol wees sodat die rook kan sirkuleer.
Hoe gaan jy te werk? Die beroking word in twee stappe gedoen:
a. Op hoë hitte. Die tydsberekening by dié stap is baie belangrik.
b. Op medium-hitte. Nou is die kos reeds berook en word dit gaargemaak. Die rookgeur trek ook lekker in.
LET WEL: moet níé die deksel oopmaak voordat die hele rooktyd om is nie. Hoe word dit opgedien? Die smaak is ewe voortreflik by watter temperatuur dit ook al opgedien word. Die rookgeur word effens skerper as dit oornag in die koelkas gehou word. Wat van die sousie wat onder in die pannetjie vorm? Dié sousie is towerwater - heerlik geurig, vol smaak en natuurlike pansappe. Gooi die warm of warmgemaakte sousie oor die vleis nadat dit voorgesny is. Hoe morsig is die gaarmaakmetode? Jy sal aangenaam verras wees. Daar is geen vetterige walms in die kombuis nie, ook geen aangebrande kastrol om te was nie. Onder in die kastrol sal jy net 'n bietjie swart as vind wat maklik uitgespoel kan word. 'n Blink kastrol se binnekant sal effens swart gerook wees; daarom is 'n swart ysterkastrol so geskik. Indien jy 'n ou, blink kastrol het wat jy net vir rookwerk gaan gebruik, maak dit nie saak nie. Ek gebruik 'n ou drukpot. Gerookte hoender 1 vars hoender, goed afgespoel onder koue water - verwyder die vlerkpuntjies en oliekliere op die stuitjie 1 klein ui 'n takkie seldery of ander kruie**

No comments:

Post a Comment