Wednesday 29 July 2015

SAKPAS MAALVLEISPASTEI

Sakpas Maalvleispastei         http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/sakpas-maalvleispastei.html     
                   
60 ml olyfolie
1 ui, gekap
500 g beesmaalvleis
2 ml rooipeper
3 ml neutmuskaat
45 ml suurlemoensap
Sout en swartpeper na smaak
60 ml gekapte, vars pietersielie
5 groot eiers
45 ml melk
8 velle filodeeg (of maak jou eie luihuisvroudeeg)
Ekstra gekapte pietersielie en gekrummelde fetakaas, om af te rond

Voorverhit die oond tot 200°C. Verhit 30 ml van die olie in ’n pan en braai die ui daarin tot sag. Voeg die maalvleis, rooipeper, neutmuskaat en suurlemoensap by en braai tot die vleis gaar is. Geur na smaak met sout en peper. Voeg die pietersielie by en kook vir nóg ’n paar minute. Laat effens afkoel.

Klits die eiers en melk in ’n ander bak saam en roer by die vleismengsel. Gebruik die orige olyfolie om elke vel filodeeg liggies te smeer. Voer ’n tertbord van 30 cm x 30 cm met een vel filodeeg uit, sit ’n ander skuins bo-op en herhaal met die res. Skep die vleismengsel in en vou die kante van die deeg oor die vleis.

Bak vir 20-25 minute tot die filo goudbruin en bros en die vleismengsel ferm is. Laat effens afkoel, sprinkel gekrummelde fetakaas en gekapte pietersielie oor en sny in skywe. Lewer 6-8 porsies
WENKE
Om dit meer sakpas te maak vervang die filo deeg met ons luihuisvrouslapdeeg.
1 koppie bruismeel
1/2 koppie melk
2 eetlp olie
1 koppie kaas (Opsioneel)
1 eier
Meng en gooi oor die vleis. Bak soos hierbo beskryf.
Bron: Deur Arina du Plessis

Geplaas deur: Dalene Brits

No comments:

Post a Comment