Friday 24 July 2015

HARISSA GEGEURDE LAM EN KORINGSOP



Helena Kruger

HARISSA GEGEURDE LAM EN KORINGSOP:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/harissa-gegeurde-lam-en-koringsop.html

Hier is net n idee van KORING SOP ..so ja jy kan dit kook baie grootmense het altyd koring in hulle gewone vleis en groentesop gegooi.
Die mannesop
Bedien 6 tot 8

Bestanddele
2 kg lamskenkels
1 pakkie koring
3 uie fyngekap
6 knoffelhuisies, gerasper
4 brandrissies, fyngekap
150 g tamatie puree
250 g harissapesto (gemaak met soetrissie, brandrissie, tamatie, knoffel, komyn en gedroogte kruisement).
50 g komyn
1 blikkie gemengde bone
100 g chorizo-wors, fyngekap
20 g gerookte paprika

Metode:
Geur die lamskenkels met die komyn, gerookte paprika en sout.
Braai die skenkels in die pot waarin jy die sop gaan maak, totdat dit mooi bruin is aan alle kante.
Voeg die tamatiepuree by en kook vir ’n minuut.
Voeg dan genoeg water by om die bene met sowat 2-3 vingers te bedek.
Kook stadig vir 2-3 uur.
Skep maar gedurig die afdryfsels af en maak seker dat die water heeltyd op die 2-3-vingermerk bly.
Gooi nog water by as dit nodig is. Kook die spulletjie totdat die vleis van die bene begin afval.
Gooi nou die water in ’n houer af en sit die vleis eenkant.
Laat die vleis eers goed afkoel voordat jy dit van die bene afpluis.
Braai dan die uie, knoffel en rissies in dieselfde pot totdat dit lekker bruin en sag is. Voeg die chorizo by en braai vir nog 2 minute.
Sit die harissapesto by, gevolg deur die koring. Daarna kan die lam-aftreksel bygevoeg word.
Kook alles totdat die koring amper sag is.
Haal sowat 2 koppies van die sop uit en puree dit saam met die bone in ’n voedselverwerker.
Gooi dit dan terug by die sop, saam met die vleis, en laat alles vir ’n halfuur lank stadig kook.
Die sop behoort dan gereed te wees, geur net met sout, baie swart peper en ’n goeie skeut vars suurlemoensap.
Laat die sop vir ’n rukkie staan en dien op saam met vars koljander en ’n skep suurroom. Onweerstaanbaar!
Wenk: Pesto Prinses maak ’n goeie harissapesto wat by die meeste Spar-winkels te koop is en dit sal jou baie moeite spaar.*media 24* Lekker Resepte vir die Jongergeslag**



No comments:

Post a Comment