Thursday 16 July 2015

MIKROGOLF WORTELKOEK



Helena Kruger

MIKROGOLF WORTELKOEK:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/mikrogolf-wortelkoek.html

KOEK
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) fyn kaneel
2 ml (½ t) sout
200 ml bruinsuiker
2 eiers, geklits
180 ml (¾ k) kookolie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
100 g neute, gekap
2 appels, gerasper
500 ml (2 k) wortels, gerasper
ROOMKAASVERSIERSEL
Sien onder hoe om te maak

Spuit ’n mikrogolfringpan (of gebruik ’n silikoonpan) en voer die boom met bakpapier uit.

KOEK Sif die droë bestanddele saam in ’n mengbak.
Klits die bruinsuiker, eiers, olie en vanieljegeursel saam en giet oor. Meng deur.
Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Skep in die voorbereide pan.
Plaas op ’n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf 12-14 minute op hoog of tot die koek effens wegtrek van die kante van die pan. Keer uit op ’n draadrakkie.
ROOMKAASVERSIERSEL Berei die versiersel en smeer oor koek.

Maak so roomkaasversiersel:
Meng 60 ml (¼ k) botter en 250 g roomkaas baie goed met ’n klitser of houtlepel. (Albei bestanddele moet by kamertemperatuur wees.) Voeg 5 ml (1 t) vanieljegeursel by en meng weer goed. Sif 125 ml (½ k) versiersuiker bo-oor terwyl jy steeds meng tot die mengsel baie glad is.*Huisgenoot*

No comments:

Post a Comment