Wednesday 15 July 2015

SJOKOLADE KAASKOEK

Mare Nieuwoudt

SJOKOLADE KAASKOEK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/sjokolade-kaaskoek.html

Dis Teresa Draper van Eastvale, Springs, se resep.
GENOEG VIR 8-10 MENSE
Bereiding: 20 min.
Bak: 12-15 min.
Verkoel: oornag

KOEK
250 g donkersjokolade,
grof gekap
50 g botter
100 ml strooisuiker
5 ml (1 t) balsemieke reduksie
2 groot eiers
180 ml (¾ k) koekmeel
1 ml (¼ t) bakpoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
’n knippie sout
VULSEL
60 ml (¼ k) water
15 ml (1 e) gelatien
2 x 250 g mascarpone
250 ml (1 k) ekstradik room
200 g witsjokolade, gesmelt
150 g sjokoladestukkies
vars bessies

METODE:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 x 20 cm-koekpanne.
1.Koek Plaas die sjokolade, botter en strooisuiker in ’n hittebestande glasbak. Smelt dit oor ’n pot met water wat liggies prut terwyl jy dit heeltyd roer. Verwyder van die hitte en laat ’n rukkie afkoel.
2.Meng die oorblywende koekbestanddele en voeg by die sjokolademengsel. Meng.
3.Verdeel die mengsel in die twee panne en bak 12-15 min. Haal die koek uit die panne en laat dit afkoel.
4.Vulsel Gooi die water oor die gelatien en laat staan om te spons. Verhit die gelatien ’n
5.paar sekondes tot dit gesmelt het en meng dit met die oorblywende vulselbestanddele buiten die bessies.
6.Pak die koek laag vir laag in ’n losboomkoekpan van 20 cm – begin deur een van die sjokoladekoeke eerste te pak en smeer die helfte van die mengsel daaroor. Herhaal en smeer die res van die mengsel bo-oor. Plaas drie uur in die yskas voor jy dit met die bessies versier./HUISGENOOT.


Balsamic Reduction:

Pour a cup of balsamic vinegar in a small saucepan over medium heat. Bring the heat to a boil without reducing the heat on the stove.At this point, turn down the heat so that boil reduces to a simmer. Stir occasionally and allow to simmer until the vinegar has reduced by at least half (for a thinner reduction) or more (for a more syrupy consistency). However impatient you may be, don't try to increase the heat, unless you want to be left with a stiff, hardened mess!Allow to cool and transfer to an airtight container; store in the fridge.

No comments:

Post a Comment