Saturday 15 August 2015

AARTAPPELKOEKIES

Geurige aartappelkoekies
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/aartappelkoekies.html
Bestanddele
2 eetlepels (30 ml) olie
½ ui, fyngekap
4 repies spek, in klein stukkies gesny
1 teelepel (5 ml) brandrissievlokkies
2 koppies (500ml) kapokaartappels
2 eetlepels (30 ml) vars pietersielie of koljander, grof gekap
2 sprietuie, in ringetjies gesny
1 eier, geklits
sout en swartpeper na smaak
±160 ml bruismeel, gesif
olie vir braai

Metode

Verhit ‘n braaipan met olie, en braai die uie, spek en rissievlokkies tot die uie goudbruin en gaar is.
Verwyder uit die braaipan en laat effens afkoel.
Roer die gebraaide uiemengsel, kapokaartappels, pietersielie of koljander, sprietuie en eier in ‘n mengbak saam.
Geur goed met sout en swartpeper.
Voeg die meel by en roer tot gekombineer.
Verhit nog ‘n bietjie olie in dieselfde braaipan.
Skep ‘n eetlepel vol van die aartappelmengsel en rol in ‘n balletjie.
Plaas in die olie en druk liggies plat met die agterkant van ‘n lepel.
Braai vir ±2 minute aan elke kant, of tot die aartappelkoekies goudbruin is.
Bedien met geposjeerde of gebraaide eiers.
Bron: Rsg Program: Brêkfis met Derrich

No comments:

Post a Comment