Saturday 22 August 2015

DRIE BESTANDDEEL KAASKOEK

Die drie-bestanddeel-kaaskoek wat die internet laat gons

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/drie-bestanddeel-kaaskoek.html
Eindelik is daar ’n internetgier wat regtig goed afgaan.

Gebruikers van sosiale media is mal oor hierdie drie-bestanddeel-, Japannese soufflé-kaaskoek.

Meer as 2 miljoen mense het al die slim, kort video gekyk wat deur die Japannese YouTube-gebruiker Ochikeron gelaai is.

In die stap-vir-stap tutoriaal word verduidelik hoe om die luukse-lekkerny, ook bekend as Japannese katoenkaaskoek, te skep. Net eiers, witsjokolade en roomkaas word gebruik.

Bestanddele
3 eiers
120 g witsjokolade
120 g roomkaas


Metode
Skei die eiers en sit die eierwitte in die yskas. Dit maak die meringue meer stabiel.
Stel die oond op 170grade C
Breek die witsjokolade in stukkies en smelt dit in 'n dubbelkoker oor lae hitte.
Intussen klits die eierwitte styf totdat dit punte vorm.  Dit moet styf genoeg wees dat, as jy die bak onderstebo keer die eierwit nie uitval nie.
Roer die sjokolade totdat dit gesmelt en glad is en meng die roomkaas daarby.
Verwyder die bak van die kookwater af en voeg die eiergele daarby.
Meng goed.
Vou nou die styfgeklopte eierwit  liggies in die mengsel soos volg: Voeg eers net 'n 1/3 van die mengsel in en meng goed. Voeg daarna weer die helfte by en meng goed en dan die laaste helfte.
Verf bakpapier met olie of botter. Dit keer dat die koek nie bars nie.
Voer nou 'n 15cm koekpan se bodem en kante uit met die gesmeerde bakpapier.
Skep die mengsel daarin en skud die pan of glasbak baie liggies op die werksoppervlakte om die lugblasies te verwyder.
Plaas die pan of glasbak binne-in 'n oondpan en gooi warm water in die pan.
Bak nou die kaaskoek vir 15 minute op 170 grade, daarna weer 15min op 160grade en skael dan die oond af. Laat die kaaskoek vir nog 15min in die warm oond bly.  Verwyder uit die oond en laat in die pan of glasbak afkoel. Dien op en sif versiersuiker daaroor.
Bron: Huisgenoot digitaal


No comments:

Post a Comment