Sunday 23 August 2015

VOLSTRUISEIERKOEKIES



Volstruiseier-koekies

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/volstruiseierkoekies.html

Maak: sowat 200 koekies
Bereidingstyd: 1 uur 
Baktyd: 10-15 minute
Oondtemperatuur 180°C

1 volstruiseier ( of 20 XL hoendereiers kan gebruik word)

1 kg botter
2,720kg koekmeel
10 ml sout
2,210kg suiker
1 klein pakkie kremetart
1 klein pakkie koeksoda
10ml brandewyn

160g droe klapper
20-40ml melk

150g sjokoladebrokkies

10ml fyn gemmer, 
10ml kaneel,
10ml gemengde speserye
10ml naeltjies

METODE:
1. Klop die eier goed. Vryf die botter in die meel in en voeg die eier by. Voeg die suiker, kremetart, koeksoda, brandewyn en 10ml sout by en knie tot 'n stywe deeg. Verdeel die deeg in vier stukke 

2.  Los 'n kwart van die deeg netso. Voeg die klapper by 'n ander kwart en voeg genoeg melk by om 'n ferm deeg te maak. 
Voeg sjokoladebrokkies by die derde kwart, 
en die speserye by die laaste kwart.

3.  Rol die deeg op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is uit en sny vorms of rol balletjies en druk dit plat op 'n gesmeerde bakplaat. Bak in voorverhitte oond vir sowat 10 minute of tot goudbruin. Haal uit die oond en laat afkoel en hard word voor jy dit van die bakplaat afskep. Bere in lugdigte houers sodra dit heeltemal afgekoel is.

WENK
Kan tot 3 maande gevries word in lugdigte houer.

Bron: Dit tydskrif April 2004

No comments:

Post a Comment