Monday, 3 August 2015

KOOLGEREG MET MAALVLEIS

    Koolgereg met maalvleis
    http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/koolgereg-met-maalvleis.html
    Bestanddele
    500 g maalvleis
    2 uie, opgekap
    5 ml kerriepoeier
    olie
    sout en peper, na smaak
    45 ml tamatiepasta
    ½ koppie rou rys
    1 blokkie hoederekstrak
    500 ml kookwater
    ¼ koolkop, grofgekap
    ½ appel, in blokkies gesny

    Metode
    Braai die ui en kerriepoeier in olie.
    Voeg die maalvleis by, en braai tot bruin.
    Voeg al die ander bestanddele by.
    Roer goed deur, en laat vir 'n een uur stadig prut.
    Bedien met slaai.
    Bron: RSG se Fenna se kool met maalvleisgereg.
    Geplaas deur: Dalene Brits