Tuesday 25 August 2015

MOSSELPOTJIE




MOSSELPOTJIE:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/mosselpotjie.html

Bestanddele:
1kg mossels in die doppies (skoon geborsel)
70g botter
1 groot ui, fyn gekap
30 ml meelblom
360 ml vis aftreksel
5 ml tiemie
30 ml fyngekapte pietersielie
1 lourierblaar
125 ml room
5 ml sout
Vars-gemaalde swart peper

Metode:
1. Indien die mossels vars is, plaas hulle in ‘n swaarboom pot nadat dit skoon gemaak is en kook dit vir sowat drie minute op hoë temperature.
2. Gooi onmiddelik enige mossels weg wat nie oopgemaak het tydens die kookproses nie.
3. Gooi die vloeistof af om te gebruik as aftreksel.
4. Bevrore mossels moet nie ontvries word nie.
5. Smelt botter in ‘n groot pot en soteer die uie daarin tot sag.
6. Voeg die meel by om ‘n sagte roux te vorm.
7. Voeg daarna die aftreksel, tiemie, pietersielie en lourierblare by en kook totdat dit lekker dik is. Voeg die mossels, room, sout en peper by.
8. Skud die pot sodat alle bestanddele lekker deeglik met mekaar meng.
9. Bedien in sopbakkies.
(Cass Se Kombuis DSTV - Kreatiewe Kos Idees)

Maggie de Castro*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


MOSSEL POTJIE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/08/mosselpotjie.html
Hierdie geurige pot is klaar in 'n japtrap
60ml olyfolie
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous
sout en peper
METODE:
Verhit die olie in 'n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig.
Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt.
Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is.
( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.)
Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper.
**
Johan van Wyk**30/09/2017* Helena

No comments:

Post a Comment