Friday 18 September 2015

CHORIZO IN OLYFOLIE


.

CHORIZO WORS IN OLYFOLIE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/chorizo-in-olyfolie.html

*eie resep Helena*
Chorizo wors
Olyfolie
Swartpeperkorrels
Knoffel
Tiemie blaartjies
Lourierblare
Metode
Gooi n bietjie olyfolie onder in jou botteltjie
Pak skyfies dun gesnyde Chorizo in n lagie
Voeg bietjie peperkorrels by asook n lourieblaar lang die kante en so ook n dun gesnyde stukkie knoffel
Gaan nou so aan tot jou botteltjie vol wors en speserye is
Vul jou bottle lekker vol met olie en haal al die lugblasies uit met n sosatiestokkie
Draai styf toe en bere op n koel donker plek vir 2weke na 1maand toe vir die geure om te kan deurwerk
N.S>Gebruik dit gekap in slaaie of op antipastoborde en ook baie lekker op n pizza..
Die middelste groot bottle het ek olywe en piekel chillies bygevoeg
Helena Kruger>lekker Resepte vir die Jongergeslag>20/08/2015



N.S> BERE DIT ASB IN DIE YSKAS ..DIE BOTTELS WAT IN DIE YSKAS WAS HET PRGTIG GEHOU DIE 2 WAT OP DIE RAK GESTAAN HET SE OLIE HET UITGEDRUK BY DIE DEKSELS SO ..mISKIEN WAS DIT TE WARM MET ONS WARM DAE ..Helena Kruger *15/01/2016

No comments:

Post a Comment