Thursday 17 September 2015

GROENTE EN WORSPOT



GROENTE EN WORSPOT
*eie resep Helena *
Kool gekerf[ hang af hoeveel wil jy insit]
4 Aartappels in kwarte gesny [6min in mic gepre-cook]
2k pampoen stukkies [ek het gevriesdes gebruik]
2k patat stukkies [ek het gevriesdes gebruik]
1 Groot ui gekerf
2 Tamaties blokkies gesny
2k Hoender of Beefaftreksel
500g Varkworsies [stukkies gesny]
500g Beeswors [stukkies gesny]
2e Sweet Chillie sous
Sout en Growwe swartpeper
Gooi aftreksel in jou Slow Cooker en stel hom op High
Braai wors stukkies vinnig in pan en voeg gekerfde uie by in bietjie olyfolie, Voeg Sweet chillie sous by en roerbraai vir 1-2min en haal af van plaat .
Pak nou jou pot
1. Gekerfde Kool
2. Aartappels
3. Pampoen en Patats gemeng
4. Wors en uie mengsel
5. Gekerfde Tamaties
Plaas hier en daar n takkie Tiemie bo op en plaas deksel op
Kook vir 4-5ure op High..N.S>As jy bietjie meer sous in die gereg wil he voeg nog bietjie water halpad by.Eintlik kan jy enige groente onder in jou pot plaas wat jy het.Helena Kruger 17/09/2015

No comments:

Post a Comment