Helena Von Ronge
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/mokka-sjokolade-koek-met-dadel-vulsel.html
Beslag:
½ k Kakao in
½ k warm Water
2 k Meel
¼ t Sout
2 t Kremetart
1 t Koeksoda
½ k Botter (125g)
1 k Suiker
2 t Vanilla
2 Eiers geklits
½ k Melk
Metode:
Sif droë bestandele saam.
Klop Botter, Suiker en Vanilla tot room.
Voeg Gelitste eiers by, meng in.
Voeg Kakao in water by en meng.
Meng Meel en Melk om die beurt by.
Bak in twee laagkoek pannetjies
20 tot 25 minute 180º C
Vulsel:
1 e Kakao
1 e Botter
½ k Water
½ k Suiker
½ k Dadels gekerf
½ k Okkerneute gekap (optsioneel)
Metode:
Meng alles behalwe okkerneute
Kook tot dik en vryf deur sif
(Maak fyn net elektriese apperaat)
Voeg okkerneute by (opsioneel)
Versiersel:
1 e Kakao
1 e Sterk Koffie
5 e Botter
1½ k Versiersuiker
‘n paar heel Okkerneute om bo–op te sit (opsioneel)
Metode:
Meng Koffie en Kakao.
Voeg Botter by en klop tot room.
Meng versiersuiker by.
No comments:
Post a Comment