Tuesday 20 October 2015

GEVULDE SAMPIOENE



GEVULDE SAMPIOENE
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/10/gevulde-sampioene.html
Bestanddele

4 groot sampioene
2 tamaties, opgekap
1 ui, opgekap
2 knoffeltoontjies, opgekap
1 teelepel suiker
1 wiggie fetakaas
1 takkie vars tiemie
swartpeper
1 koppie cheddarkaas

Metode
Sny die nek van die sampioene af.
Braai die ui, tamatie en knoffel in 'n pan.
Voeg die suiker by.
Voeg die sout en peper na smaak by.
Vul die sampioene met die tamatiemengsel.
Druk klein blokkies feta in die vulsel.
Strooi tiemieblaartjies oor.
Sprinkel met swartpeper en cheddar.
Bak teen 180 grade vir 10 minute.
Bedien met groenslaai.

Bron: RSG

No comments:

Post a Comment