Friday 6 November 2015

AARTAPPEL POFFERTJIES




Flori se poffertjies met 'n smoortjie (AARTAPPEL POFFERTJIES)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/aartappel-poffertjies.html

Bestanddele
Poffertjies
4 aartappels, gerasper
1 ui, gerasper
1 eier
knippie paprika en sout
1 teelepel braaivleisspeserye
1 koppie bruismeel

Smoortjie
1 ui, gekap
4 tamaties, gekap
1 groen soetrissie, gekap
1 geel soetrissie, gekap
1 teelepel suiker
knippie sout

Metode

Poffertjies

Meng al die bestanddele tot 'n stywe beslag.
Skep dit eetlepel vir eetlepel in olie op medium hitte en braai to gaar.

Smoortjie
Braai al die bestanddele saam.
Gooi die smoortjie oor die poffertjies en bedien met hoender, vis of vleis.
Bron: RSG

No comments:

Post a Comment