Tuesday 3 November 2015

MOSTERDSOUS VIR KOUE PASTASLAAI



MOSTERDSOUS VIR KOUE PASTASLAAI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/11/mosterdsous-vir-koue-pastaslaai.html

1 pakkie pasta van keuse
5 eiers
1 koppie suiker
1 koppie wit asyn
5 teelepels droë mosterdpoeier
1 ui
5-6 agurkies in stukkies gesny
sout
3 gedroogde appelkose in stukkies gesny
paprika
Kook die pasta tot gaar - hou eenkant
Let wel: Hierdie sous in geneig om vinnig te brand, moenie alleen los nie en roer heeltyd
Breek die eiers in 'n kastrol oor warm hitte, voeg suiker by en klits saam
Voeg asyn by - hou aan roer om nie te skei nie
Voeg sout na smaak en mosterdpoeier by
Kook en hou aan roer tot verdik
Laat afkoel
Voeg die ui, agurkies en appelkose wat fyn gesny is by die pasta en meng saam
Gooi die mosterdsous oor die pasta en meng saam
Sprinkel paprika oor** .
Kos is oppie Tafel TV program*

No comments:

Post a Comment