Wednesday 2 December 2015

CLAFOUTI



TIEMIE EN BESSIE CLAFOUTI 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/clafouti.html

Bestandele:

120 g strooisuiker
6 eiers
500 ml room
4 e meel
2 e tiemie, gekap
250 g gemengde bessies, vars of ontvries
botter
Metode:
• Voorverhit oond tot 210 ˚C.
• Klits eiers en suiker tot skuimerig.
• Voeg room en meel by en meng deeglik.
• Voeg tiemie by en vou in mengsel.
• Smeer oondbak (24-26) met botter en gooi mengsel daarin.
• Rangskik die bessies bo-oor.
• Bak vir 30 minute.
• Bedien louwarm of koud.
* In ’n episode van Edik van Nantes is dié smullekker tiemie-en-bessie-clafouti voorberei. Hier is die resep.* 02/12/2015

No comments:

Post a Comment