Thursday 10 December 2015

KAASKOEK KOEKSTRUIF


KAASKOEK KOEKSTRUIF
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/kaaskoek-koekstruif.html

Dié ongebakte kaaskoek word blitsvinnig aanmekaargeslaan en is heerlik.
1 sjokoladerolkoek, in skywe gesny
100 g neute, grof gekap
500 ml (2 k) klaargaar toffievla
1 blik (385 g) kondensmelk
125 ml (½ k) suurlemoensap
1 houer (230 g of 250 g) maaskaas
6 geglaseerde groenvye, grof gesny
1.Pak die snye koek onder in ’n tertbak en sprinkel die helfte van die neute oor.
2.Giet die vla oor die koeklaag en smeer gelyk.
3.Klits die kondensmelk, suurlemoensap en maaskaas goed saam en vou die groenvye in.
4.Skep die mengsel bo-op die vla en sprinkel die res van die neute oor.
5.Plaas minstens 3 uur in die yskas tot koud en gestol
./HUISGENOOT.* Maré Nieuwoudt*
GENOEG VIR 6 MENSE
Bereiding: sowat 15 minute
Verkoeltyd: 3 uur

No comments:

Post a Comment