Thursday 10 December 2015

WAATLEMOENGAZPACHO



WAATLEMOENGAZPACHO VIR KERSFEES.
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/waatlemoengazpacho.html

Dit maak geen sin om in die middel van die warm somer ‘n groot tafel vol warm kos voor te sit nie. Gebruik lokale bestanddele wat in seisoen is om hierdie geursame Waatlemoengazpacho voor te berei as ‘n lekker voorgereg. Die mooi rooi kleur sal by enige Kersfees tafel se tema inpas.
Bestanddele
½ waatlemoen, in stukkies gesny
4 ryp tamaties, in stukkies gensny
3 seldery Stokkies, gekap
2 rooi uie, gekap
1 rooi rissie, gekap
1 groot komkommer, in stukkies gesny
2 stukkies knoffel, grof gekap
½ koppie olyf olie
3 snye ou ciabatta, in stukkies gebreek
⅓ koppie balsamiese asyn
Worcestersous, na smaak
sout
varsgemaalde swartpeper
klein handvol basiliekruid

Metode
Maak seker alle bestanddele is goed gewas voordat jy begin.
Kap en sny alle bestanddele en plaas die in a groot meng bak of pot met die Olyfolie, asyn, en Worcestersous.
Voeg sout en peper by.
Was weereens jou hande en breek al die bestanddele saam in die pot, dink aan ‘n deeg vou en gebruik dieselfde aksie met jou hande en breek alles saam.
Laat staan vir 20 minute en meng met ‘n elektriese menger tot alles mooi fyn is.
Proe en voeg die Worcestersous en nog sout en peper by na smaak.
Bron: RSG Foto: Stefan Marais **Dalene Brits*
Lekker Resepte vir die Jongergeslag

No comments:

Post a Comment