Wednesday 2 December 2015

SJOKOLADEKOEK MET FRAMBOOSSOUS



Sjokoladekoek met Framboossous   

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/sjokoladekoek-met-framboossous.html

Dié sjokoladekoek (met knoffel!)

Bestanddele
225 g ongesoute botter, plus ekstra om die pan mee te smeer
40 g kakaopoeier
1 t sout
225 g water
240 g meel, plus ekstra om mee te bestrooi
350 g karamelsuiker
1½ tp koeksoda
2 groot eiers
120 g suurroom
1 t vanielje-ekstrak
½ swart knoffelbol (brawes kan ’n hele bol gebruik)
Framboossous
2 k vars/gevriesde frambose
3 e suiker
3 e balsamiese asyn
½ t suurlemoensap

Metode

Koek
Voorverhit die oond teen 180 °C.
• Smeer die bakplaat met botter en bestrooi met meel.
• In ’n kastrol, meng die botter, kakaopoeier, sout en water.
• Plaas oor medium hitte en roer.
• Verwyder van hitte en plaas eenkant.
• Meng die meel, suiker en koeksoda in ’n groot mengbak.
• Voeg die sjokolademengsel bietjie vir bietjie by en roer aanhoudend.
• Voeg die eiers een vir een by. Meng goed voor die volgende eier bygevoeg word.
• Voeg die suurroom en vanielje-ekstrak by en roer tot glad.
• Verwyder die knoffelhuisies van die halwe knoffelbol en maal in ’n stamper en vysel tot so fyn as wat jy dit kan kry. Meng by die koekmengsel.
• Plaas die mengsel in gietvorms en bak vir sowat 40 tot 45 minute.
• Plaas op draadrakkie om af te koel.

Framboossous
• Kombineer al die bestanddele in ’n kastol en kook oor medium hitte (druk die frambose effens fyn) vir sowat 8-10 minute.
• Gooi die mengsel deur ’n sif om van die saadjies ontslae te raak.
• Giet die stroop bo-oor die koek en bedien.
** Dié sjokoladekoek (met knoffel!) is tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei.

No comments:

Post a Comment