Wednesday, 2 December 2015
BUTTERNUT TIRAMISU
BUTTERNUT TIRAMISU
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/12/butternut-tiramisu.html
*eie resep Helena*
1Butternut gaar gestoom
250ml styfgeklopte room
125ml yoghurt [vrugteslaai het ek gebruik]
4t suiker[hier kan jy proe of jy dit soeter wil he]
1 ster anys [opt]
2 t Vanilja
Knippie sout
Tennis beskuitjies fyngemaak en gemeng met 1e gesmelte botter
METODE
Kook Butternut of stoom dit gaar en voeg jou suiker, ster anys en 1 t vanilja by
Verwyder die ster anys
Maak dit baie goed fyn [moes] en laat heeltemal afkoel[yskas]
Plaas van jou koekiemengsel onder in jou glasie en druk dit styf vas.
Plaas dit in die yskas om te set
As alles lekker koud is begin om jou nagereg te maak
Klits jou room lekker styf met die ander 1t vanilja
Meng jou Yoghurt met jou koue Butternut
Nou vou jy die Styfgeklopte room saggies in jou butternut, yoghurtmengsel in[ nie klits nie vou in] en skep dit bo-op jou koekie korsie in jou glasie
Versier met nog Yoghurt of Styfgeklopte room en sprinkle fyn gekapte neute oor as jy wil of sprinkel kaneel oor..Plaas in die yskas om lekker koud te word..baie lekker***Helena Kruger 01/12/2015
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment