Thursday, 17 December 2015

SPECKLI - KLEIN KOEKIE VAN BLAARDEEG

Dalene Brits
SPECKLI
(’n Switserse gereggie)
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/12/speckli-klein-koekie-van-blaardeeg.html
1 rol Blaardeeg
4 eetlp Bruinsuiker
4 eetlp Gemaalde neute (Amandels of Hazelnuts of okkerneute)
2 eetlp Room


Rol deeg uit en deel in twee stukke.
Meng suiker, neute en room.
Smeer mengsel op die deeg en rol op.
Sny nou elke rol in LENGTE middeldeur en daarna in ± 4cm  of kleiner stukke.
Bak by 180º C tot ligbruin. Lewer ± 24 stukkies.

Meng 2 eetlp (30 ml) Versiersuiker en ’n paar druppels Kirsh - kersielikeur en ’n paar druppels water en drup op elke koekie.
Uit die boeke!  SKFP

No comments:

Post a Comment