Monday 4 January 2016

TUNA VISKOEKIES



TUNA VISKOEKIES
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/01/tuna-viskoekies.html

 
*eie verwerking Helena*
1 blik (170 g) fyn tuna, goed gedreineer
Sap en fyngerasperde skil van ½ klein suurlemoen
2 groot, gaar aartappel, fyn gedruk
30 ml gekapte, vars pietersielie
1 klein  uitjie gerasper
2 e groen soetrissie baie fyn gekap
1 eier
15 ml melk
60 ml koekmeel
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Olie, vir braai
METODE
Meng die tuna, suurlemoensap en -skil, aartappel, pietersielie,uitjie en soetrissie goed saam.
Klits die eier en melk saam en voeg by.
Meng goed, bedek en verkoel vir ongeveer 15 minute.
Geur die koekmeel intussen met genoeg sout en swartpeper.
Vorm vismengsel in koekies en rol liggies in die gegeurde meel.
Skud die oortollige meel af en braai die viskoekies in warm olie tot goudbruin en deurgaar.
Sit voor met vars suurlemoen
Genoeg vir twee **Helena Kruger*04/01/2016


 


No comments:

Post a Comment