Friday 22 January 2016

BEEF TRINCHADO



BEEF TRINCHADO
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/01/beef-trinchado.html

*My eie Resep Helena*
1kg Beesvleis blokkies
2 uie gekerf
½ Rooi Soetrissie gekerf
1 Knoffelhuisie fyn gekerf
2k Beesvleis aftreksel [of hoender]
30ml Rooiwyn / Brandy/Sjerrie
1 Bay leaf
bietjie vars Rosemaryn
1 Pakkie Tamatie Paste
¼ k Sweet -Chillie sous
Sout en Peper na smaak
2t Mielieblom [aangemaak met bietjie water] miskien bietjie meer jy sal self sien of jou sousie dik genoeg is
Worcestersous vir marinade
METODE
Marineer die blokkies vir 1h in Worcestersous [as jy haastig is vir 30min]
Braai blokkies bietjie vir bietjie in olie in n wok of pan >net amper gaar.
Skep uit in n bak
Braai jou Uie en Soetrissie, Knoffel, Bayleaf en Rosemaryn ook net deurskynend in dieselfde pan/wok waarin jy die blokkies gebraai het
Gooi jou Rooiwyn/Brandy/Sjerrie by en roer kook vir 2min
Gooi nou die Aftreksel en ook die helfte van die marinade en die Tamatie Paste, en Sweet- Chillie sous by en roer braai vir so 3min
Voeg nou jou Gaar Blokkies vleis by en kook dit vir so 10-20min[stadig]..Miskien bietjie langer hang af hoe sag is jou vleisblokkies..
N.S>>[Hier het ek dit oorgeplaas na my Slow Cooker] en Aartappel blokkies bygevoeg wat ek vir 8min vining in die Mic gekook het en n handvol ertjies bygevoeg net vir kleur.Voeg ook hier jou sout en peper by na smaak [2h op High*]
Bedien dit op Rys of Pasta of Bedien dit net met lekker vars gebakte brood..veral die lekker lang sous..Ja dit moet n lang sousie he..kyk maar daarna voeg bietjie water by as dit te min raak*Helena Kruger*21/01/2016



                                                              Heerlik verby**





 

No comments:

Post a Comment