Saturday, 27 February 2016
KITS BESKUIT
KITS BESKUIT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/02/kits-beskuit.html
In kastrol:
Gooi 680 ml melk,
250 gr margarine en
500 ml suiker in 'n kastrol
Bring tot kookpunt.
Roer tot alle suiker opgelos is.
Laat afkoel.
Sif 1 en 1/2 kg bruismeel en
5 ml sout by.
Voeg ook 2 geklitste eiers by.
Knie deeg deur en maak bolletjies.
Pak in gesmeerde broodpanne.
Bak 1 uur tot gaar by 180 gr C.
Jy kan sultanas en sade byvoeg…. asook anys en sultanas. Breek in stukke en droog uit by 100 gr C
**by Natasha Basson (Radio Namakwaland)
FOTOS>>Elize Venter***.Ek het 30 ml anys ingegooi binne in melk mengsel wat op stoof moet kook en dt bring geur van anys meer uit
Labels:
Beskuit
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ons het die resep probeer en is baie tevrede. Sal volgende keer bolletjies net so goldbal groote maak en stywer teen mekaar in die pan druk.
ReplyDeleteSusan Labuschagne. Pretoria.