Wednesday, 27 July 2016

BLAARSLAAI SOP

Ek se mos altyd ..Mens kan van ALLES sop kook...
AGV. te veel BLAARSLAAI gekerf vir 70 Burgers kan ek dit mos nie in die asblik gooi nie..en niemand wou my glo nie toe kook ek maar vir hulle SOP.en ja tot die laaste bietjie het my Kattekinders ge-eet.Helena Kruger Hier is die resep probeer dit is baie lekker..
1 Kop Blaarslaai fyngekerf
1 wortel gerasper
1 Groot Aartappel gerasper
1 klein uitjie gerasper
1 groot Spinasie blaar baie fyn gekerf[opt]
1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 1k warm water
Sout en Peper na smaak
METODE

Plaas alles in kastrol en gooi genoeg kookwater oor en kook tot sag en lekker**Lekker Resepte vir die Jongergeslag*26/07/2016

 


BLAARSLAAISOP

 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/groente-soppe.html

METODE

500 ml room
3 liter melk
750 ml kookwater
1½ ui
1 eetlepel olyfolie
2 pakkies repiespek
3 groot aartappels - grof gerasper
1½ kop blaarslaai
2 pakkies hoenderroomsop
Hoenderaftreksel - aangemaak met water
Kook melk en water saam
Gooi aartappels by en kook tot sag
Braai uie apart in olyfolie
Braai repies spek in dieselfde olie
Gooi uie en spek in melk en kook
Gooi ook blaarslaai by
Voeg hoenderaftreksel by en laastens die room
Kook vir sowat 1 uur.
* RSG - Christine se blaarslaaisop