Tuesday 12 July 2016

MELKTERT MET N TWIST


MELKTERT MET N TWIST
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/07/melktert-met-n-twist.html

Francois Mynhardt
Die twist is ek het 4 sakkies heuning rooibostee van vyf rose in die melk gekook voor ek die stol mengsel ingeroer het. En toe die beslag reg is 'n blik crushed pynappels ingeroer wat gedrein was


My ma se melktert:
Vulsel bestandele:

4 en n half koppies melk.
2 en n half eetlepels hoogvol mielieblom
3 eiers
2 eetlepels botter
2 en n half eetleplepels hoogvol meelblom.
Drie kwart koppie suiker
Half teelepel sout
Half teelepel bakpoeier

Metode:
Kook melk botter en sout.
Klits eiers en suiker baie goed saam.
Voeg meelblom en mielieblom by.
Roer meelblom mengsel by kokende melk.
Strooi bakpoeier laaste oor en roer in.

Kors bestandele:
2 koppies meel
1 eier
half koppie botter
half koppie suiker
2 teelepels bakpoeier
knippie sout.

Metode:
Room botter en suiker en voeg eiers by
Sif droe bestanddele voeg by en maak n gladde deeg.
Druk in 3 tertborde en maak gatjies orals met vurk. Bak tot ligbruin (+ -15 min op 180°C). Gooi vulsel in en strooi kaneel oor.


N.S>
Francois Mynhardt Die idee het so 3 dae terug by my opgekom en vandag kon ek myself net nie keer om dit te maak nie. Ek was skepties, maar dit het soos mis voor die son verdwyn toe ek dit eers proe hehe
Die resep het my moeder altyd gebruik toe sy nog geleef het en sy is al 23 jr terug oorlede. Sy was 'n baas bakster in Vereeniging. Die tuisnywerhede het aan haar gehang soos vlieë. Tot vandag toe nog kon ek nie 'n lekkerder melktert raakloop as die resep nie. Ek sal dit nou hier kom deel met julle**12/07/2016

No comments:

Post a Comment