Friday 8 July 2016

VLAKOEK

VLAKOEK 1 / SPONSKOEK
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/07/vlakoek.html
5 Eiers 

1 ½ k Suiker                                                 
1 ½ k Koekmeel
Knippie Sout
1 t Vanilla
¾ k Melk
1 eetl Botter 
3 tlp Bakpoeier

Vulsel:
500 ml Melk 
75 ml (1/2 k) Vla
100 g Botter
200 g Strooisuiker

Klop eiers & suiker tot room. Roer meel & sout by. Kook melk & botter en roer dit saam met vanilla by meelmengsel in. Roer nou bakpoeier by.
Bak 25 min by 180º C. 

Kook melk. Meng vla met bietjie melk en maak dik vla. Laat yskoud word en roer kort-kort.
Klop botter & strooisuiker tot room en klop vla by.
Smeer tussen lae en bo-op.
Geplaas deur: Dalene Brits


Vlakoek 2:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/07/vlakoek.html

250ml gesifte koekmeelblom,
75ml/40g mielieblom,
5ml bakpoeier,
1ml sout,
5 eiers,geskei,
250ml/210g strooisuiker,
100ml yswater.

Oond 180C, 2 koekpanne, 25-30minute. Sif meel, mielieblom, bakpoeier en sout saam.
Klits eiergele en suiker saam tot romerig. Klits yswater geleidelik by. Vou droe bestanddele met slaplemmes in eiermengsel in. Klits eierwitte to...t styf en vou ook in. Gooi in panne en bak.

Vlasous:
500ml melk,
75ml/40g vlapoeier,
1ml sout,
125g sagte botter,
250ml/210g strooisuiker,
5ml vanielje, paar druppels amandelgeursel-ek laat dit uit, hou nie van die smaak nie, geroosterde klapper.

Verhit 400ml van die melk en los vlapoeier in die oorblywende 100ml op. Voeg sout by. Roer vlamengsel vinning in warm melk met 'n draadklopper, roer aanhoudend en kook tot dik. Laat afkoel. Klop botter en suiker tot lig en donsig. Roer geursels by en klits koue vla dan geleidelik by. Smeer vulsel dik tussen lae, ek het dit in 4 gesny, rondom en bo-op koek en bestrooi met klapper. Geniet.
.

VLAKOEK 3:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/07/vlakoek.html

4 ekstra g eiers,                
125g margarien
500 ml suiker                             
250 ml melk
1t vanieljegeursel              
500ml koekmeel,
20 ml bakpoeier               
knippie sout.

VLAVERSIERSEL:
500 ml melk,                    
80ml vlapoeier,
310 ml strooisuiker,          
125g margarien
knippie sout                    
1t vanieljegeursel.

METODE:
Voorverhit oond 180ºC.
Klits eiers e suiker tot lig. Smelt die melk en botter saam.  Sif meel en sout saam en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Strooi nou bakpoeier bo-oor en roer deur.  Giet in 2 ronde gesmeerde 22cm losboomkoekpanne.  Bak 30-35 min. Laat effens afkoel in panne. Keer uit op draadrakke en laat heeltemal koud word.

VERSIERSEL: Mikrogolf melk en vlapoeier tot verdik roer af e toe laat afkoel.
Klits suiker margarien sout e geursel saam tot romerig. 
Voeg by die vla e klits goed. 
Halveer beide koeklae en smeer vlaversiersel tussen die lae asook bo-op die koek.


Mikrogolf Vlakoek
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2016/07/vlakoek.html
125 ml water
45g margarien
2 eiers
200 ml witsuiker
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
5 ml vanieljegeursel
Vulsel:
250 ml melk
20 g vlapoeier
knypie sout
62.5 g margarien
125 ml strooisuiker
2.5 ml vanieljegeursel

Bespuit 22-cm koekbak.
Bedek die boom van die bak met ‘n sirkel papierhanddoek.
Mikrogolf die water en botter 1 min oop by 100 % krag.
Klits die eiers en suiker baie goed saam tot lig en sponsagtig dik. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en vou dit by die eiermengsel in. Voeg die watermengsel en vanielje by en meng liggies tot ‘n dun beslag.
Giet die beslag in die koekbak. Mikrogolf ongeveer 5 min oop by 100 % tot gaar. Laat koek in die pan afkoel.
Keer koeklaag uit, verwyder papierhanddoek.
Halveer met ‘n garedraad.
Mikrogolf 150 ml van die melk ongeveer 3 ½ min oop tot kookpunt.
Maak die vlapoeier met die oorblywende melk aan en voeg die sout by. Klop dit by die kookmelk. Mikrogolf dit ‘n verdere 5 min by 100 % krag tot dik en gaar en klop dit elke minuut goed.
Plaas die vla in ‘n bak koue water om af te koel en roer dit gereeld om te voorkom dat ‘n vel bo-op vorm.
Verroom die botter of margarien en strooisuiker. Voeg vanielje by en meng. Klop die koue vla geleidelik daarby in. Smeer dik tussen die koeklae en ook bo-op en aan die kant.
Bewaar die koek in die koelkas.

No comments:

Post a Comment