Wednesday 19 October 2016

LEMOEN EN BOSBESSIE BOTTERKOEKIES


Sonia van Niekerk - Maharaj

LEMOEN EN BOSBESSIE BOTTERKOEKIES:
Bestanddele:
250g Botter of margarien
3/4 koppie Suiker
1 Eier
2 en 1/4 koppies Koekmeelblom
1 teelepel Bakpoeier
1 teelepel Sout
1 teelepel Lemoengeursel of gerasperde skil
1/2 koppie droë Bosbessies (Cranberries)

Aanwysings:
Voorverhit die oond tot 190'C. Room die botter en die suiker tot donsig. Voeg die eier en geursel by en meng goed deur. Sif die droë bestanddele en voeg saam met die bosbessies by die bottermengsel. Meng goed. Rol in okkerneutgrootte bolletjies en druk effens plat met vingers of 'n vurk op ongesmeerde bakplate. Bak vir 12-15 minute, verwyder van die bakplate en laat afkoel op draadrakkies. Lewer ongeveer 3 dosyn koekies. 

Nota: 

Ek het die 'Sweet Orange Essence' gebruik wat mens by die bakwinkels koop en dit is 'n wenner.

No comments:

Post a Comment