Saturday 24 February 2018

UIE EN CHILLIE RELISH


UIE EN CHILLIE RELISH
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2018/02/uie-en-chillie-relish.html
**eie resep Helena Kruger*
2kg Gesnyde Uie
100g Rooi Brand  Rissies
SOUS
2+1/2k Asyn
3 k Suiker
2 k Water
1/2k Tamatiesous[halwe]
1 Pakkie Tamatie Paste
1/2 t Borrie[halwe]
1 t Kerriepoeier
1 t Paprika
1 t Rooipeper
1 t Seldery saad
1/2 t Droee Chillie Flakes
*2 t Mielieblom[Maziena]
METODE
Braai jou uie in n bietjie olie net tot glanserig[pasop dat dit nie brand nie so roer]
Kap jou chillies baie fyn en voeg by uie mengsel en braai tot gaar
Maak jou sous en kook sous vir so 5min.
Voeg by jou uie en chillie mengsel en kook 10min.
Maak dikker met so 2 t Mielieblom*
Kook tot deurgaar en bottel warm in warm bottels..
N.S>Baie lekker koud op n broodjie of saam met n lekker gebraaide of gebak vleis of worsie..
Helena Kruger 29/01/2018



No comments:

Post a Comment