Tuesday 27 March 2018

PIEKEL KNOFFEL


PIEKEL KNOFFEL
1/4k Suiker
1 +1/2k Asyn
1/2t Mosterdsaad
1 Bayleaf
Paar swartpeper korrels
knippie sout[minder as n kwart teelepel]
METODE:
Maak jou knoffel mooi skoon en pak in jou botteltjies
Bring jou ander Bestd. tot kookpunt en gooi oor jou knoffel in jou bottel.
Haal al die blasies uit en draai styf toe
Gebruik eers oor 2 weke "Baie lekker hoe langer dit staan hoe lekkerder. "Helena  Kruger"23/4/11
​INGELEGDE KNOFFEL


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2018/03/piekel-knoffel.html
1 kg skoongemaakte knoffel - lê in koue water vir 2 ure en vryf skilletjies af
Kook in water wat net die knoffel bedek vir 2 minute.
Dreineer.
Pak in botteltjies.
KOOK SAAM

1½ kop suiker
2 kop asyn knippie sout
Gooi oor knoffel en seël bottels
Wenk**
Die belangrikste van knoffel inlê, is om slegs stainless steel of erde potte te gebruik.
GEEN alliminium ens nie!
Chemiese reaksie vind plaas met elemente in water soos koper, yster ens en dit is wat knoffel verkleur en groen, blou of pers maak.
Gebruik SLEGS gedistileerde water en jou produk gaan pragtig wit bly!**
Zelda Botes**27/03/2018

KNOFFEL IN MOSTERDSOUS 
2 k suiker
1 k water
Kook goed saam.
Terwyl bogenoemde kook meng jy die mosterdsous
3 eetlepels mosterdpoeier
1 teelepel borrie
4 eetlepels mielieblom
Gooi knoffel in stroop kook 2 minute. Roer die mosterdmengsel by en kook tot dik.
Skep in bottels en seël. "Susan baie dankie!!Helena Kruger"

KNOFFELASYN
3 medium tot groot knoffelhuisies
2 lourierlare
1 takkie dragon
3 heel kruienaeltjies
1ml gemaalde neutmuskaat
1ml sout
750ml wit wynasyn
METODE:
Skil die ui en kap dit baie fyn
Skil en kneus die knoffelhuisies
Laat dit saam met die res van die bestanddele 3 weke lank in 'n toe glasfles in die son trek
Skud die fles af en toe
Syg dit daarna deur en bottel en verseël die filtraat
"Helena Kruger"

1 comment:

  1. By knoffel in mosterdsous is geen hoeveelheid van knoffel nie

    Dankie
    Imelda

    ReplyDelete