Tuesday 22 January 2013

KWEPER KONFYT / JELLY




KWEPER KONFYT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kweper-konfyt.html
Skil die kwepers, sny in kwarte, en verwyder die pitte en klokhuise.
Snipper die vrugte om 250 g te gee.
Bedek die pitte en klokhuise met 11/2 koppie water.
Plaas in 'n toe bak in die mikrogolf vir 6 minute op hoog.
Gooi die pitmengsel deur 'n sif oor die snippers. Maak die bak toe en mikrogolf 6 minute op hoog om die
kwepers sag te kook. Voeg nou 200 g suiker, 5 naeltjies en die sap van 'n halwe suurlemoen by die kwepers.
Kook in 'n toe bak op hoog 5 minute lank om die suiker te laat smelt en 'n lekker stroop te vorm.
Verwyder nou die bedekking en kook 10 minute op hoog om die stoom af te dryf en die stroop in te damp en
dikker te maak. Skep die skuim af en verwyder die naeltjies. Gooi in 'n skoon gesteriliseerde botteltjie.
Die resep maak net een 400-g-flessie. Geniet die konfyt saam met 'n stukkie gebakte of geroosterde vis of
wildsvleis. Dit is natuurlik onverbeterlik op 'n sny plaasbrood met botter  18/4/12

Ella Brandt Die Burger
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*









KWEPER KONFYT

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kweper-konfyt.html
3 kg kwepers
2,5 kg suiker
15 ml sout
5 liter water
Was die kwepers. Skil en ontpit en hou die pitte en skille eenkant. Los die sout in die water op. Snipper die kwepers en laat in die soutoplossing om verkleuring te voorkom. Bedek die skille en pitte met genoeg water - sodat jy twee liter vloeistof daaruit kan kry - en kook tot lymerig. Syg deur n sif. Voeg die snippers by 2 liter van die water en kook tot sag.
Voeg die suiker by en roer tot opgelos. Laat look vinnig vir 45 minute; roer gereeld. Wanneer die konfyt pienk van kleur is, toets of dit jellie-agtig of semi-gestol is.
Om te toets:

Haal die konfyt van die stoofplaat af. Skep 5 ml tot 10 ml in ´n piering. Op hierdie manier sal jy gou sien of dit die regte tekstuur het.
Sodra die konfyt reg is, kan dit in gesteriliseerde flessies geskep word. Laat afkoel, bedek met ronde stukkies waspapier wat in brandewyn gedoop is, en verseel S.A Outdoors
*.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*







QUINCE JELLY 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/kweper-konfyt.html
Ingredients:

Quinces – cut into quarters, but not peeled or cored
Sugar (preserving sugar if possible)

Method:
Put the quinces into the pan, squash them down a bit and cover them with water
Stew gently for 6 hours to extract all the juice
Strain the fruit through the sieve into a bowl
Rinse out the preserving pan
Measure out how much juice you have
Strain the juice through the jelly bag or muslin back into the preserving pan
For every 2 pints of juice, add 1¼ lb / 720g of sugar
Quinces are quite sharp so add a little more sugar now if you prefer
Boil the juice hard until it begins to reach setting point (this took about 20 minutes)
Then lower the heat to a rolling boil, skimming off any whitish scum until it has absolutely reached setting point
Pour the jelly into sterilised jars, cover with greaseproof paper and screw the lids on tightly
Leave to cool *
wartimehousewife 12/3/13

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

2 comments:

  1. Naand ek het die kweper kon vat gemaak wat met n microgolf oond en dit het nie vir my lekker styf geword soos kon fit nie.

    ReplyDelete
  2. Goeiemiddag...kan ek gelatien gebruik ipv die skil en pitte kook. My slim helpertjie het al die pitte en skille weggegooi :(
    Ek wil kweper konfyt maak
    dbv Betsie

    ReplyDelete