Showing posts with label Kaas - Yoghurt. Show all posts
Showing posts with label Kaas - Yoghurt. Show all posts

Friday, 3 July 2015

TUISGEMAAKTE FETA KAAS












Wessel Prinsloo>>‎VLEISLAND se Maklike Resepte
Lekker maklike feta kaas om te maak

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/tuisgemaakte-feta-kaas.html

Vir elke 500ml melk vat jy 50ml wit asyn.
Ek het 1.5 liter melk gevat en 150ml asyn.
Gooi in kastrol.
Moenie roer nie!
Bring tot kook en laat kook vir 5 min.
Gooi dan mengsel deur sif met vadoek en laat staan so tot dit genoeg afgekoel het dat jy oortollige vloeistof kan uitdraai.
Draai tot al die wei uit is.
Skep die kaas uit vadoek en geur na smaak.
Ek het dit met sout en growwe swartpeper gegeur.
Druk dit styf vas in bakkie en sit in yskas tot dit afgekoel en sollied is.
Keer uit en sny in blokkies.
Vul nou 'n bottel met die kaasblokkies en neem 1 koppie water en 2 tl sout, meng dit tot sout in water opgelos is en maak bottel vol. Bêre in yskas.***17/07/2015

WENKE> Vanaf Vleisland**

Lukas van den Heever
Gooi 1lt varsmelk en 500ml room, en as jy die wei uitdraai moet jy DRAAI!!!! EN as jy in die bakkie druk om te set moet jy DRUK!!!!

Gerbrand Moller
Gooi room by!!!by jou gewone volroom melk ..hoe meer room hoe sagter

Melissa Badenhorst long life melk werk ek gebruik dit as jy kla gemaak het noet jy water uitdruk en dan vasdruk in n bakkie en dan in yskas en dan eers sny en in soutwater





FETA KAAS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2015/07/tuisgemaakte-feta-kaas.html
My serbiese vriendin het 2lt melk met n eetl suurlemoensap of asyn stadig gekook en soos die melk skei word dit afgeskep.
Gooi die kaas wat jy afskep in n sif sodat die water uitloop.
Gooi nou die sout in.
.Syt n bordjie bo-op gesit
As krummelkaas wil he moet dit nie hard druk nie.
Dalk wil jy dit in n soliede stuk maak sodat jy dit kan sny druk harder - soos verkies**
Frances Taljard *

Tuesday, 10 June 2014

TUISGEMAAKTE MAASKAAS MET AMAZI


ROOMKAAS MET AMAZI
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2014/06/tuisgemaakte-maaskaas-met-amazi.html
Hier is dit reg vir gebruik of in die yskas
EN DIT ALLES IS TE DANKE AAN
Alida van der Linde
Ek neem Amazi. Gooi dit in skoon doek, bind toe en plaas in plastiese sif in 'n houer 12- 24 uur.
Volgende dag skep ek dit in 'n margarienbak waarin ek gaatjies gesteek het met 'n naald.
Die plaas ek weer oor 'n bakkie sodat indien daar nog vog afkom uit drup. ...
Dis weer 'n goedkoop roomkaas wat gemeng kan word met fyn biltong,of enige iets waarvan jy hou...Dit hou nie lank in my huis nie...dus weet ek nie of dit goed vries nie...
Dankie Alida dit is n puik idee***en smaak vir my wat nie melk gebruik nie Heerlik [maar ek gebruik Amazi] en dit is sag en lekker smeerbaar**21/6/12 Helena Chilli Kruger.


  







Thursday, 11 July 2013

TUISGEMAAKTE YOGURT (JOGURT)


MAAK JOU EIE JOGURT (Yogurt)
1 koppie melkpoeier,
1 koppie suiker,
1 bakkie ongegeurde joghurt.
Los melkpoeier en suiker op met bietjie vd melk en meng dan met die ander melk.
Verhit melk stadig tot dit begin borreltjies vorm (85 grade ...C).
Hou op stoof maar haal af v warm plaat af vir 10 minute.
Koel nou af tot lou.
Gooi joghurt by, roer en gooi deur sif om klontjies of melkskilletjies te verwyder.
Gooi in fles en laat staan vir omtrent 24 uur.
Klits goed nadat jy dit uitgegooi het en skep 'n glasie vol uit om volgende keer te gebruik vir ongegeurde joghurt. Bêre in yskas.
Meng nou jou joghurt met geursel en geniet.
Bêre in die yskas.

Santi Van Der Merwe*


BAIE OULIKE WENK VAN EEN VAN ONS KOSMATERS*

Helena von Rönge
YOGHURT MET PLAASMELK

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/tuisgemaakte-yogurt-jogurt.html
As jy melk van die plaas af kry wat nie verwerk is nie, hoef jy nie melkpoeier in te gooi nie. Jogurt (plein) moet jy kyk of dit sê 'life cultures' en jy hoef net Een klein bakkie jogurt 170ml? Soos Klein koppie in te gooi.
Ek vat my draadbolklitser en meng dit lekker vinnig goed (geweldig) deur.
Die oggend maak jy jogurt vesigtig oop.
Dra dit sonder dat dit skud yskas toe.
Laat daar vr 2 ure. dit soort van stabiliseer dan (word dikker) as jy dit skud skei die melk. Verder volg jy Helena K se resep as jy wil, dis goeies. Jy kan ook sommer net groot lepel bessie konfyt inroer as jy net 1 porsie gou wil versoet Bêre dan weer een koppie van dit vir plantjie geseël in yskas voor jy iets in sit.*20/11/2015



MAAK JOU EIE JOGURT (Yogurt)
500 gram melkpoeier
2 pakkies jelly (enige geur)
500 ml houer ongegeurde joghurt
1 1/2 koppie suiker
lee 5 liter emmertjie met deksel
Aand:
Meng melkpoeier met 2 liter baie warm water
Roer baie goed totdat alles opgelos is
Gooi een en halwe liter kraanwater by en roer goed
Roer 500ml ongegeurde joghurt by en roer deur
Maak emmer baie dig toe en sit emmer bo-op kombers en vou mooi toe - laat oornag so staan
Oggend:
Neem 2 pakkies jelly en die suiker en los op in halwe liter kookwater
Roer by jou mengsel in emmertjie
Laat heeldag staan - hoef nie weer toegemaak te word met kombers nie. Roer die aand baie goed en jy het 'n hele 5 liter joghurt. Bere in yskas
Jy kan dit dikker maak deur vrugte in te gooi.*http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/tuisgemaakte-yogurt-jogurt.html


TUISGEMAAKTE JOGURT
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/tuisgemaakte-yogurt-jogurt.html

Hierdie resep is baie baie oud, en vir ons wat nie jogurtmakers het nie, die resep werk baie goed
Gooi 2 liter kookwater in ‘n 5 liter emmer.
Voeg 4 koppies melkpoeier by (Green Country Posture by OK Basaar verkrygbaar)
Meng goed, voeg dan 1 ½ liter kraanwater,
175ml gewone jogurt by. (Moet vars wees) roer goed, maak toe met ‘n kombers en laat staan vir 12 ure.
Na staantyd:
Los 2 pakkies jellie in 2 koppies kookwater op en roer tot goed opgelos. Voeg dan 1 ½ kp suiker by. Roer goed. Gooi jellie by jogurtmengsel en laat staan in die yskas tot yskoud. 
Bron: *Resepte uit rusoord se herinneringe .


Berie Vd Velden Smith
PROBEER HIERDIE EEN, MISKIEN WERK DIT BETER, dit kry nie die melkpoeier in nie.
HOMEMADE YOGURT IN THE SLOW COOKER:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/tuisgemaakte-yogurt-jogurt.html
8 cups milk  (Whole milk will make the yogurt thicker, but any milk will work.)
½ cup plain unflavored yogurt (Any kind with live active cultures will work. Be sure to save a half cup of this batch of homemade yogurt to use as a starter next time!)
Pour the half gallon of milk into your crock pot and turn it on low. Cook it for 2 hours and 45 minutes (set the timer to remember to turn it off!)
After 2 hours and 45 minutes, turn the crock pot off and let it sit down 3 hours.
Spoon a small amount of the milk into a small bowl and add the half cup of yogurt to it. Mix together thoroughly.
Dump this mixture back into the milk in the crock pot and mix it around well.
Put the lid back on your crock pot and wrap the crock pot with a large beach towel or blanket (make sure the crock pot is unplugged and turned off!). Yes, I know, it sounds a little ridiculous to wrap a crock pot with a beach towel, but I did some research online and it seems that the experts recommend this step as it helps keep the heat in the crock pot and allows it to cool more slowly.
Let the beach-towel-wrapped crock pot sit for 8-12 hours (or overnight). After 8-12 hours, it should be thickened.
Spoon yogurt into jars or plastic containers and refrigerate a few hours before eating.
This will keep for one to two weeks in the refrigerator. Be sure to save a half cup to use as a starter for your next batch of homemade yogurt. 
Please note: This yogurt will not be as thick as store bought yogurt.*.


EASY STEPS FOR MAKING NONFAT HOMEMADE GREEK YOGURT
1. Fill a 2-quart heatproof glass bowl with nonfat milk.
2. Heat to 170 degrees F. in the microwave. (This takes 17 minutes in my microwave. Yours may be different.)
3. Allow to cool down below 120 degrees F. 105-110 is ideal.
4. Whisk in 2-3 teaspoons fresh yogurt as a starter. Cover loosely.
5. Incubate at a steady 100 degrees F. for 4-8 hours.
6. When yogurt has thickened, pour into an extremely-fine mesh strainer to drain off whey. If you don’t have one, use a cheesecloth, a tea towel, or a old-but-clean t-shirt to line your strainer. Time for this will depend on the thickness of your yogurt and your straining method. Set aside or discard the whey.
7. Dump drained yogurt back into the original bowl and WHISK FURIOUSLY until yogurt is smooth and shiny.
8. Add flavourings and/or sweeteners, if desired. You may also whisk in additional milk if yogurt is too thick for your tastes.
9. Chill. 23/6/12 *Helena Chilli Kruger*


YOGHURT
500 gram Nu-Mel melkpoeier,
6 koppies koue water,
6 koppies kookwater.
Meng goed. ( Moet geen klonte in wees nie) voeg dan 1 x 175 ml houertjie ongegeurde yoghurt by.
Meng deur. Laat staan oornag. Nie in yskas. (As die nagte nog koel is-maak maar met n kombersie toe.)
Volgende oggend-voeg by.
3 pakkies aarbei jellie ,
1 koppie suiker,
2 en n halwe koppies kookwater.
Maak jellie en suiker met kookwater aan. Laat goed afkoel en voeg by yoghurt mengsel.
Plaas in yskas tot dik. Indien verkies kan n blikkie aarbeie bygevoeg word maar laat dan net die suiker uit-anders is dit baie soet.

Maak omtrent 4 liter yoghurt.*.
Peggy Devine

Anet Grove

MAAK JOU EIE YOGHURT


http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/07/tuisgemaakte-yogurt-jogurt.html
BESTANDDELE:

5 liter melk
1 klein bakkie plain yoghurt/ flavour

1 groot blik ingelegde vrugte van jou keuse
2 groot opskeplepels suiker

METODE:
Kook melk gooi uit in plastiek bak of emmer met 'n deksel en laat afkoel tot koud. Gooi yoghurt by en roer deur, laat staan oornag.
Volgende dag voeg gesnipperde vrugte by en die suiker.
Roer goed, laat staan in yskas vir 1 uur 30 minute*
.


Jogurt resep
5L Melk
1K Poeiermelk
1 Bakkie Gewone Jogurt (175ml)
1K Suiker
3/4 K Koeldrankstroop (enige soort)
Blikkie aarbeie

Metode
1. Verhit die melk tot amper op kookpunt
2. Koel vinnig af tot pinkie hitte
3. Klits melkpoeier en gewone jogurt goed by melk
4. Maak warm toe en laat staan vir 6 tot 10 Ure
5. Haal uit en klits goed
6. Skep weer n bakkie gewone jogurt uit en bêre in yskas vir die volgende keer(plantjie)
7. Klits die suiker en koeldrankstroop by
8. Water aarbeie af en druk fyn
9. Voeg aarbeie in jogurt
10. Bêre in yskas om af te koel
REG OM TE EET***Rala Van Jaarsveld Strauss*20/01/2017

Wednesday, 27 February 2013

FETA-KAAS / MAASKAAS / SMEERKAAS





GILLIAN SE FETA KAAS
Meng 2l melk en 4 El asyn/ suurlemoensap in deursigtige houer met deksel.
Laat staan oornag of tot definetief geskei.
Gooi uit in kaasdoek/vadoek wat in n sif oop gemaak is. voeg dan jou flavour ...by soos gekapte olywe, mixed herbs, blou kaas ens. laat die water dreineer, sny in blokkies en gooi in bottel.
maak n sout oplossing aan met sout na smaak (ek gebruik 2el sout) en 1k kook water. laat afkoel en gooi oor kaas. bere in yskas vir omtrent n week
*

Bron: Gillian Logan Bredenhann* http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html 




MAKLIKE FETAKAAS  
swart peper

Metode:
Bring melk tot kookpunt en gooi die asyn in. Dit skei binne sekondes. Sodra dit skei, haal af en gooi deur fyn sif en druk met lepel tot al die water uit is. Ek druk dit 'n bol in my hande en pers al die water ui. Gooi dan 'n knippie sout en swart peper by, druk dit styf in 'n bakkie en laat lekker styf word in die yskas. Plaas dit dan in water met 'n bietjie sout in. Gewone vars melk werk goed. Ek dink egter nie dis ekonomies nie, tensy jy die melk baie goedkoop kry. 2 L vars melk maak 2 van hierdie sirkels, hierdie is 6 L melk se feta.
Soutoplossing:
2 eetl sout en 1k kook water. Laat afkoel en gooi oor kaas. Bere in yskas vir omtrent n week.
Bron en foto:Francie Barnard 

Wenk:
Deon Janse Van Rensburg:  Jy maak meer met sakkies melk as vars melk uit n koei.

HOE OM FETAKAAS TE MAAK: 
ANNETTE DU PLESSIS
by" Kos vir kampeerders met idees vir kampering"
Jy benodig
'n termometer
10 liter melk
dubbelkoker
yswater
5 korrels gevriesdroogde suurselkultuur
2,5 ml Rennien (ook bekend as stremsel vir stolling)
'n groot plastiekemmer met 'n deksel
'n sif
'n skinkbord
'n PVC-pyp met dreineringsgaatjies as kaasvorm
5 ml wynsteensuur
100 g sout
Hou die termometer byderhand. Verhit die melk tot 68°C in die kastrol en plaas die kastrol daarna in die yswater om af te koel tot 32°C.
Voeg die suurselkultuur by en roer deur sodat dit eweredig deur die melk versprei.
Laat staan vir 'n uur en sorg dat die temperatuur deurgaans op 32°C bly.
Los die Rennien eers in 'n bietjie water op voordat jy dit nou by die melk voeg. Roer deur om dit te bind en laat staan vir sowat 40 minute sonder steuring sodat dit kan
stol.
Toets gereeld vir die regte temperatuur.
Sny daarna die stolsel in blokkies en roer dit baie stadig deur vir sowat 5 minute. 'n Geel, waterige stof (wei) word gevorm en die soliede deeltjies is wrongel. Laat staan weer 5 minute lank sodat die wrongel kan
afsak.
Herhaal die proses minstens drie keer en skep elke keer die wei af. Indien verkies, kan jy dit deursif sodat daar nie van die wrongel in die wei beland nie. Hou minstens 500 ml van die wei eenkant (die res kan
die varke kry) vir die pekel.
Voer die skinkbord met 'n (kaas)doek uit en plaas die PVC-pyp daarop. Skep die wrongel versigtig in die pyp. Plaas die skinkbord op die wasbak dat die wei kan
afloop. Draai die pyp na sowat 4 uur versigtig om en laat die wrongel oornag dreineer.
Die temperatuur bepaal die doeltreffendheid van die drieneringsproses. In die winter, en as die kamertempearuur nie beheer kan word nie, kan
dit maklik twee dae langer duur. As die wrongel nog sag is, het die suur nog nie behoorlik ontwikkel nie en moet dit langer staan. (In die Bosveld moet die kaas 2 dae lank staan.)
Haal die feta uit die vorm. Sny in blokkies en pak in skoon houers.
Maak 'n pekel van 500 ml water en 500 ml wei en voeg die wynsteensuur en sout by. Roer tot sout opgelos is en giet die pekel oor die kaas. Maak seker dat die kaas met pekel bedek is. 5/5/11 !! Baie Dankie n Puik Resep "Helena Kruger" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html



FETA -KAAS
4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie) of suurmelk
¼ lebekstraktablet
Verhit die melk tot 35ºC. Roer die mesofil by en laat staan vir 30 minute. Los die lebekstrak op in koue water, gooi 'n knippie sout by en meng dit by die melk.
Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 45 minute teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.
Sny die stremsel nou in blokke van 3 cm dik. Laat 15 minute staan om dik te word. Gooi die wei af wat uitloop.
Plaas dit in vierkantige kaashouers wat uitgevoer is met kaasdoek. Draai dit om na een uur. Laat dit oornag staan sodat die wei uitloop.
Sny dit nou in kleiner blokke van so 2 x 5 cm en besprinkel met sout. Laat twee ure staan.
Die kaas word nou in soutwater geplaas (15% soutoplossing). Seel die houers goed indien dit vir 'n lang periode moet hou. Onder die regte omstandighede kan hierdie kaas tot 'n
jaar hou.  "UIT KOOKKUNS" Helena Kruger" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


MAASKAAS
4½ liter melk
114 g mesofil kultuur (vra by 'n korporasie)
¼ lebekstraktablet
 Meng die melk en mesofil. Los die lebekstrak op in koue water en meng dit by die melk. Roer vir ten minste vyf minute. Bedek en laat staan vir 20 uur teen kamertemperatuur. Die melk behoort dik te word in die tyd.
Sny die stremsel nou in blokke van 12 mm dik. Laat 15 minute staan om dik te word.
Verhit nou die stremsel stadig oor 30 minute tot 43,5ºC. Kook vir 'n verdere 45 minute teen die temperatuur. Roer gereeld. Die stremsel behoort te krimp en af te sak.
Plaas 'n kaasdoek in 'n gaaitjiesbak en dreineer die kaas vir vyf minute.
Lig die kaasdoek met die kaas uit en dompel aanhoudend in yskoue water vir drie minute.
Dreineer en plaas in 'n bak en geur met een teelepel sout of net waarmee jy wil. Verseël en hou in die yskas. "UIT KOOKKUNS" Helena Kruger" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Maklike Kaassmeer
1 kg prosseseer kaas
1 l lang lewe melk
 Plaas die melk in 'n pot op die stoof oor matige hitte, en sny die kaas in stukkies in die melk. Roer aanhoudend totdat die kaas gesmelt het om klontjies te voorkom. Sodra die kaas heeltemal ingesmelt het, kan jy jou eie inisiatief gebruik vir enige ekstras wat jy wil bysit; bv fyn biltong, peper, ens. Dit maak 'n redelike groot hoeveelheid kaassmeer en is BAIE goedkoper as die wat jy in die winkels aankoop en dis baie lekker! "Kosmater" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


SJOKOLADE  SMEERKAAS 
 200g melksjokolade [bak]
250g margarien [wit/wooden spoon]
1 blik kondensmelk.
Smelt sjokolade en margarien saam vir 3min in
mikro by 70% krag. Roer goed tot als gesmelt is. Gooi dan jou kondensmelk by en
sit in yskas. Klits Orley Whip styf sit
dit by en smeer op ñ koek. "Kosmater" http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Gerdie van Zyl
Maak jou eie Maaskaas van afgeroomde melk
Posted by: Teresa   Date posted: 20/3/2007
Hi Yvonne en al julle ander maters wat dalk in dié resep van my mammie sal belang stel. Ek myself eet dit!
Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik - sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in 'n gaasdoeklap (cheese cloth material). Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in 'n sif oor 'n bak en plaas 'n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag. Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil - fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop - heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Carol Elliott Claassen
Liquid to store your feta cheese in
Add eight cups of water to a saucepan.
Add a 1/2 cup of kosher salt to the water.
Bring the water to a boil on the stove. This will adequately dissolve the salt in the water.
Remove the brine from the stove top.
Set the brine aside while it cools to room temperature.
Chill the brine in the refrigerator for at least 45 minutes.
Place the feta in a plastic tub that has an airtight lid.
Fill the tub with the brine solution so that the feta is completely covered.Store the feta in the refrigerator.
Carol Elliott Claassen Erika ek hou my fetakaas vir maande in die oplossing , in n tupperware houer in die yskas . Jy kan dit sonder die oplossing ook vries vir tot 3 maande , maar dan krummel hy te veel.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Tiana Botes
MAAK JOU EIE KAAS
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html

"Ek het dit op Gordon Ramsay se program gesien. Ek sit soms biltong by of grasuie. Ek weet nie hoe lank dit hou nie want myne maak ek soos ek dit nodig het."
1 Liter melk,
1 x 250 ml ongegeurde jogurt
sout


Metode:
Verhit die melk tot net voor dit kook en roer dan die jogurt en sout by. Gooi deur 'n moeseliendoek en druk die oortollige water uit. Rol in bolletjies en gebruik.
"Ek sit soms biltong by of grasuie. Ek weet nie hoe lank dit hou nie want myne maak ek soos ek dit nodig het."

 
Helena Enslin Laubscher
Ek het Maaskaas
gemaak en dit proe heerlik. Dis goedkoop en ek kon nie die verskil tussen 'n gekoopte maaskaas bakkie en my eie proe nie. Dis baie goedkoper om dit self te maak en dis soooooo maklik:
Resep:
een liter gewone jogurt
1½ opgehoopte teelepel sout
Meng dit goed saam.
Plaas 'n sif oor 'n bak/skottel.
Skep die jogurt in 'n gaatjie papier vadoek wat in die sif geplaas is. (Die blou of groen vadoek wat jy by Checkers koop met die gaatjies in)
Laat dit staan vir so 2-3 dae. Die water drein in die skottel. Jy kan druk toepas na so 2dae, maar ek het nie en dit het heerlik uitgekom. Ek het dit in bakkies geskep en een bakkie uitgehou, die ander het ek gevries. Dit vries heerlik. http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Alida van der Linde
MAAK VAN ROOMKAAS
Ek neem Amazi. Gooi dit in skoon doek, bind toe en plaas in plastiese sif in 'n houer 12- 24 uur. Volgende dag skep ek dit in 'n margarienbak waarin ek gaatjies gesteek het met 'n naald. Die plaas ek weer oor 'n bakkie sodat indien daar nog vog afkom uit drup. ...Dis weer 'n goedkoop roomkaas wat gemeng kan word met fyn biltong,of enige iets waarvan jy hou...Dit hou nie lank in my huis nie...dus weet ek nie of dit goed vries nie....http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html


Brenda Bester
How to Make Mascarpone Cheese Recipe
Guest Author - Paula Laurita
Finding mascarpone cheese can be difficult. When you do find it it can be expensive. Making your own is easier than you think.
Marscapone cheese is best known as an ingredient in tiramisù. It also makes a tasty alternative to cream cheese for cheesecake.
This recipe is easy to follow. The hardest aspect will be obtaining tartaric acid. Tartaric acid is naturally occurring in grapes. You should be able to purchase it at pharmacies, grocery stores, or stores that sell wine making supplies. It's inexpensive, so you can buy a large quantity to keep on hand. Do not confuse tartaric acid with cream of tartar.
While making mascarpone cheese isn't difficult, you need to plan ahead. The cheese will need to rest for at least a day before use. This cheese won't have preservatives and will need to be consumed within a few days.
Marscapone Cheese
Ingredients
•1 pint heavy cream
•1/2 tsp tartaric acid
•1/4 tsp confectioner's sugar


Directions
1.Fill the bottom of a double boiler with enough water to touch the top pan, but the top should fit neatly and not "float." Bring to a simmer.
2.Pour the cream into the top of a double boiler and place over simmering water.
3.Add the confectioner's sugar and whisk constantly.
4.When the cream is warm add the tartaric acid. Whisk over the heat until the cream reaches a temperature of 180 degrees.
5.Remove from heat and allow to cool, whisking occasionally.
6.Pour the mixture into a bowl through a thick cheesecloth, or line a fine metal strainer with a coffee filter.
7.Cover the bowl and refrigerator for at least 12 hours before use.http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/02/feta-kaas-maaskaas-smeerkaas.html