Showing posts with label Wildsvleis - Volstruis. Show all posts
Showing posts with label Wildsvleis - Volstruis. Show all posts

Saturday, 26 September 2015

WILDSVLEIS IN MUSKADEL




WILDSVLEIS IN MUSKADEL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2015/09/wildsvleis-in-muskadel.html

2 kg wildsvleis
olie
3 uie, gekap
2 huisies knoffel, gekap
1 koppie kookwater
1 klein blikkie tamatiepasta
6 aartappels, geskil en gekap
½ koppie sultanas
1 koppie muskadel, sjerrie of hanepoot
olywe, ontpit
sout en peper


METODE
Braai die stukke vleis saam met die uie en knoffel tot bruin.
Haal uit pot.
Sit die aartappels onderin.
Plaas vleis bo-op.
Meng die kookwater met die tamatiepasta, sultanas en muskadel.
Voeg oor vleis.
Voeg olywe by, asook sout en peper.
Laat dit vir 2 tot 3 uur prut tot vleis sag is.
Bedien op rys met 'n tamatiesalsa.
**Lekker-Resepte-Vir-Jagters-en-Boere*

Thursday, 5 September 2013

VOLSTRUISNEK



VOLSTRUISNEK EN STUITJIES IN SLOW-COOKER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/volstruisnek-en-stuitjies.html
Vir later vanaand het ek n lekker Volstruisnek en 3 stuitjies in die slow-cooker.
.en ek het net Gemmerlime en Tamato Paste en Sweet-chillie oorgegooi met bietjie naeltjies, neut, sout en peper..aartappels en wortels, uie bygesit..
Lekker rys en soetpampoen daarby *
Die vleis net eers vir 70min. in stoompot sag gemaak en toe in die Slow-cooker gepak met die groente by en op High gestel vir so 5h en dit was doeksag**
Lekker aand vir almal Helena Kruger
.n.s>As die sousie te dun is na jou smaak maak dit so 10min voor ete dikker met bietjie Maziena..

 


 


Angelique Van den Heever‎

VOLSTRUISNEK IN SLOW-COOKER
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/09/volstruisnek-en-stuitjies.html
En so het my volstruis nek uit gekom. Lekker sag.
Ek het uie in wiggies gesny, 2 aartappels in blokkies en die 6 stukke nek. Saam knoffel en olie.
Toe dit gebraai. Toe gooi ek Chutney, suurlemoen sap, balsamic asyn, meat tenderiser, chicken spices, sout en pepper.
Gooi toe water in en laat kook op hoog vir n uur. Toe wil my verloofde he ek moet saam hom ry. So van half 6 tot 8 was dit in die slow cooker op high. Dit was vinger lek lekker*14/03/2015


 

Friday, 2 August 2013

YSTERVARK




Stefaans Blaauw

Hier is die eerste resep wat ek met julle wil deel op versoek van een van die lede hier.

YSTERVARK RUGVEL RESEP...
vir die wat een kan kry..

Trek al die penne op die rug uit, sny die rugvel af tot op sy ribbekas aan weerskante, sit dit in kookwater vir 10 secondes, haal uit en skraap dit skoon tot dit spierwit is...Laat staan dit in bietjie soutwater oornag, en kook hom sommer in die stoompot.
Vir elke 1 Kg Rugvel gooi die volgende in..
16g sout,
2g swart peper,
2g suurlemoen peper,
en 4 g koljander.
Ek sprinkel nog so bietjie Italian herbs ook oor...en dan kook tot dit lekker sag is.
Bak hom nou in die oond tot lekker goudbruin en eet dit warm saam met n rysie en die sous wat in die pot agtergebly het met bietjie room...OF KOUD, dis die lekkerste vleisie as dit koud geeet word ook.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag 2/8/13



Monday, 8 July 2013

KUDU FILLET ROL


KUDU-FILET-ROL
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/07/kudu-fillet-rol.html

Gevlek en gesmeer met n lekker Chilli-Blatjang

Gekapte uie, soetrissies,Vet spekvleis,Botter, sout,peper en koljander
Toegevou en vasgesteek
omgedraai**en gesmeer met knoffel,vars gemmer en dhania pasta, en bietjie Komyn oorgestrooi
Sweet-Chilli sous oor gedrizzel
3e Beesstert-soppoeier aangemaak met 1k water langs dit ingegooi en heel rou aartappels en 2 groot uie in kwarte gesny rondom gepak en deksel opgesit
in oond op 100*C **deur die nag en dit was doeksag en *Heerlik Verby**30/3/12 Helena Kruger **at Die Grasdak Bultfontein*
Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




Saturday, 22 June 2013

VOLSTRUIS PENS

                                                             

VOLSTRUISPENS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/volstruis-pens.html
* Maak dit net so gaar soos Beestong en sny dit ook in skyfies met n sousie..hetsy Mosterd of n soet-suur mosterdsousie**
Helena Kruger
#volstruismagies 

                                                  >Foto>Bereiding van Pens >Helena Kruger
Christa Munro Botha
VOLSTRUIS PENS EN STERTE

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/volstruis-pens.html


Maak die volstruispens gaar soos beestong, sny in skyfies met 'n lekker sousie oor of laat afkoel en sny soos koue vleis. lekker toebroodjies met tamatie, kaas en uie. Laat dai stuitjies so 20min in 'n asynoplossing lê,spoel af, plaas in stoompot met bietjie knippie tiemie, 2 stingels prei, Ina Paarman se swartpeper en knoffel mengsel na smaak en stoom dan vir 40min tot 50min...doeksak en lymerig.....net so met klein aartappeltjies en 'n groentetjie of ontbeen en meng met mushroomsoppoeier en maak lekker vulsel vir vetkoek, snackwiches of pasteie.


                                                    >Foto>Gaarmaak van Pens>Helena Kruger



Vanaand eet ons Volstruis Stuitjiekerrie in slowcooker>Lenie Engelbrecht >6/05/2015 



VOLSTRUIS LEWER KOEKIES>
EK HET DIT DIESELFDE GEMAAK AS GEWONE LEWERKOEKIES NET BIETJIE NAELTJIES BYGEVOEG>>Lenie Engelbrecht >5/05/2015


Saturday, 8 June 2013

OSTRICH STEAK


OSTRICH STEAK
WITH GREEN PEPPERCORN AND BRANDY SAUCE
:
500g ostrich steaks
Seasoning of your choice
WHAT TO DO:
Baste with olive oil. Heat heavy-based or griddle pan until very hot. If you are having a BBQ, the coals should be very hot. Seal the steaks on both sides, once sealed sprinkle with seasoning. Turn meat twice on each side until done as preferred.
Remove from heat. Baste with oil. Cover and leave to rest for 3 to 4 minutes before serving. Serve with vegetables or salad, and the green peppercorn sauce.
GREEN PEPPERCORN AND BRANDY SAUCE:
2 cups double or whipping cream
3 tbsp canned green peppercorns, rinsed under cold water
1 cup reduced beef stock
½ cup brandy
salt and freshly ground black pepper to taste
WHAT TO DO:
In a large saucepan, combine the cream and green peppercorns. Simmer over a medium heat, stirring occasionally to prevent boiling over. Cook for about 10 minutes until reduced to coat the back of a spoon (approximately 1 cup). Add the beef stock and brandy, and cook until thickened. Season with salt and black pepper. Remove from the heat and keep warm until served.
By: Kos vir kampeerders met idees vir kampering. 
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/ostrich-steak.html


Gerrie Harmse
Die gaarmaaktye vir volstruis is:
Vir min gaar:     2 minute aan elke kant.
Medium:           3 minute aan elke kant.
Gaar:                4 minute aan elke kant.
Gaarmaaktyd hang natuurlik ook af van die dikte van die snit.

Bedruip met olyfolie. Verhit ’n swaarboompan of riffelpan tot baie warm. As jy braai, moet die kole baie warm wees. Sit die filette of steaks in die pan of op die rooster en seël aan beide kante. Draai twee keer om aan beide kante en braai totdat die verlange gaarheidsgraad bereik is. Verwyder van hitte. Bedruip weer met olyfolie. Plaas in bak met deksel en laat die vleis 3 tot 4 minute rus voor opdiening.
Die lae vetinhoud van volstruisvleis maak die vleis effens droog. Moenie dit met taaiheid verwar nie, en onthou dat sout en speserye vog uit die vleis onttrek. Seël dus die vleis voordat jy dit geur. Volstruis moet teen die hoogste temperatuur in die kortste tyd gaargemaak word. Die perfekte volstruisfilet of -steak is pienk, effe rou, sappig en sag. Volstruis moet na regte medium bedien word. Indien die vleis goedgaar is, sal dit droog wees.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/06/ostrich-steak.html

Monday, 20 May 2013

RABBIT / HAAS GEREGTE




Fried rabbit

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/rabbit-haas-geregte.html
1 rabbit, cut into chunks

200ml buttermilk
100g plain flour, or as needed
1 teaspoon salt
1 teaspoon black pepper
oil for frying

Get yourself two bowls big enough to dip your cuts of meat into. In one bowl you want your buttermilk (if you don’t have buttermilk you can use milk mixed with 1 egg) and in the other you want your flour and spices, well mixed of course.

Dip your rabbit meat into the milk, then roll it around in the flour. Make sure you cover it well! Leave the meat in the fridge for about 7-8 hours to allow for it dry into the rabbit.

Heat a pan of cooking oil and fry the rabbit. It’ll take about 25 minutes for the meat to brown off to a lovely golden color. Remove the rabbit and let it drain on a sheet of kitchen paper. Once it's free of oil, it's ready to serve and enjoy

>>NoteThe preparation time can be about 5 minutes if you don't leave the mixture to soak in. It'll mean your rabbit is less crispy and tasty though!*all recipes*Helena Kruger 20/5/13

Lekker resepte vir die jongergeslag





HAASPASTEI
RABBIT CACCIATORA ... (hunter's style)

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/rabbit-haas-geregte.html
Pie's are something the British do extremely well although it seems that every one to jump on British food, believing they eat nothing but fried breakfast, roast beef and Yorkshire pudding. This recipe is adapted from Rick Stein's Coast to Coast, but I've given it a South African take on things. I love to serve this in individual pie pots with a crisp salad on the side.
Ingredients:
1 whole rabbit, jointed into 8 pieces
Cake flour, seasoned with salt and freshly ground black pepper
50 g butter and 1 tbsp olive oil
200 g back bacon
4 garlic cloves
Sage, rosemary and oregano
1 large onion - diced
4 carrots, diced 
1 tbsp sweet chilli flakes 
400 g (one tine) chopped tomatoes 
Zest of a lemon - finely grated 
250 ml Pinotage (or any other good red wine) 
250 ml mushroom stock (rehydrate dried mushrooms in water, and use the water as quick stock)
Puff pastry

1 egg, lightly beaten 

Sea salt and freshly ground black pepper for final seasoning 

Method:
Heat the butter and olive oil in a large frying pan and saute the bacon until just rendered. Remove 
the bacon from the pan and set aside. 
Add garlic cloves and herbs and saute until fragrant. Pour all out of the pan and reserve. 
Coat the pieces of rabbit in the seasoned flour and then fry the rabbit in the same pot until brown on 
both sides. You may add a little extra oil if needed. Remove the browned pieces and reserve. 
Add the onions and carrots - saute gently for 3 minutes. Add the chopped tomatoes. 
Mix the remaining seasoned flour with a little butter and add to the vegetables mixture, along with the lemon zest, chilli flakes, wine and quick mushroom stock. Return the rabbit to the pan, add the garlic and herb mix, cover and simmer for about two hours, or until the rabbit is tender. 
When the rabbit has cooled, remove from the pan and take out all the bones. Place into a shallow pie dish with the sauce, cover with pastry.
Bake 35min @210*C or until brown. 

PR IVATE HOTEL SCHOOL STELLENBOSCH, SOUTH AFRICA

Lekker resepte vir die jongergeslag



FYNGESTOOFDE WILDVLEIS, HAAS OF TARENTAAL

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/rabbit-haas-geregte.html
1kg nek, lies, of bors van wild, haas of tarentaal in stukke gesny

10 peperkorrels 
6 kruienaeltjies
3 lourierblare 
1 huisie knoffel
½ t. Peper
2 t. Sout
2 eetlp Asyn
¼ k rooi soetwyn
60g varkspek

METODE:


1.   Vee die vleis met 'n klam doek af en sny dit in stukke.

2.   Plaas die vleis en spek, in repies gesny, in 'n swaar kastrol en gooi
genoeg water oor om dit net te bedek.  

3.   Voeg die naeltjies en die peperkorrels by en laat dit 3 tot 5 uur lank stadig oor lae hitte of in 'n stadige oond (250°F. tot 300°F.) stowe.

4.   Voeg die ander kruie, sout en asyn by nadat dit 2 uur lank gestowe het.
5.   Haal die naeltjies en die peperkorrels uit en voeg die wyn by 'n halfuur voor dit klaar gekook bet. Die sous kan  met meelblom verdik word wat met koue water gemeng is.
6.   Die vleis moet maklik van die bene afkom as dit gereed is. Verwyder
al die bene en die velletjies en maak die vleis met 'n vurk fyn.
Dien die vleis met kweperjellie op.
KOOK EN GENIET
Lekker resepte vir die jongergeslag


GEVULDE KONYN

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/05/rabbit-haas-geregte.html
Gevulde haas/konyn
1 haas,
50 ml olie,
50 ml botter,
10 ml sout,
2ml peper,
250ml droe witwyn
15 ml suurlemoensap

Vulsel:
125 g varklies,in dobbelsteentjies gesny,
60g pekelvarkvleis,gekap,
1 takkie elk vars roosmaryn en tiemie.
1 knoffelhuisie,gekap,
2ml sout,
1ml peper,
5ml gerasperde neutmuskaat,
500ml varsbroodkrummels,
100 ml melk
Vulsel:
Braai die pekel varkvleis en lies tot bros.
Voeg kruietakkies en knoffel by en sorteer.
Haal die vleis uit.
Week intussen die broodkrummels in die melk,druk fyn met 'n vurk en voeg by die vleis.
Geur met sout en peper,skil en neutmuskaat.

Haas/konyn:
Vryf die binnekant met 'n halwe suurlemoen.
Sprinkel helfte van sout en peper aan die binnekant van die konyn.
Skep vulsel in die holte en bind vas met 'n tou.
Verhit olie en botter en braai tot bruin.
Sprinkel res van die sout en peper oor vleis.
Verhit suurlemoensap en wyn saam en giet oor die vleis.
Plaas die vleis in 'n oondpan met al die sappe en souse,bedek en bak 11/2 uur tot sag en gaar
.Haal die deksel af die laaste 30 min. Sodat die haas/konyn kan bruin braai.
Bron**
Daleen Visser*07/10/2017 Helena

Monday, 8 April 2013

OSTRICH EGGS




Dalene Brits
OSTRICH EGG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ostrich-eggs.html
 Ingredients:
¾ to 1 cup raw ostrich egg, whisked well
2 tablespoons regular or lite coconut milk, nut milk, goat or cow’s milk, or heavy cream
¼ teaspoon ground turmeric
¼ teaspoon dry mustard
1 teaspoon dried parsley or 2 tablespoons minced fresh parsley
¼ teaspoon ground black pepper or ground chipotle
dash finely ground unrefined sea salt, optional
1 to 2 teaspoons bacon fat, ghee, clarified butter, palm oil or palm shortening

1. Shake or mix the jar of raw ostrich egg, then pour out what you need for your meal figuring 1/4 cup of ostrich egg = roughly 1 chicken egg. Add the milk or cream, spices, herbs, and optional sea salt. Whisk or blend briefly to combine.
N.S>

Dalene Brits
Jy kan met sukses vries.

Volstruis roereier
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/ostrich-eggs.html
Een volstruiseier is normaalweg genoeg vir 10 tot 12 persone. Die volstruiseier moet goed geklits word.
Voeg ¾ koppie melk by vir elke koppie eier. Voeg sout na smaak by.
Smelt ’n bietjie botter in ’n pan oor lae hitte. Gooi die geklitste eier by en roer aanhoudend tot dit gestol is.
Onthou dat die pan nie te warm moet wees nie

Monday, 1 April 2013

VOLSTRUIS GOULASH / OSTRICH GOULASH

Dalene Brits
Ostrich Goulash
Ingredients:

1kg KLEIN KAROO Ostrich Goulash,
60ml flour, seasoned with a little freshly ground black pepper,
10ml soft margarine,
10ml olive oil,
1 large onion, finely diced,
2 cloves garlic, crushed,
1 cup diced green pepper,
250g button mushrooms, sliced and sauteed in a little oil,
400q can chopped tomatoes,
125ml water,
15ml Worcestershire sauce,
250ml plain low fat yoghurt.

Method: 
Coat the ostrich goulash with seasoned flour. Heat half the margarine and oil in a large frying pan, and saute the meat until brown. Remove the meat from the pan and place in a large saucepan. Add the onion, garlic and green pepper to the frying pan with the rest of the margerine and olive oil and cook for 5 minutes over medium heat until tender. Add all the ingredients to the meat and bring slowly to the boil, then reduce the heat and simmer gently for ± 40 minutes. Remove from the heat and stir in the yoghurt. Replace over low heat, stirring until mixture is hot, without letting it boil. Season to taste. Serve with parsley brown rice, couscous or fettucini. Serves**1/4/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/04/volstruis-goulash-ostrich-goulash.html

Monday, 11 March 2013

TARENTAAL GEREGTE






TARENTAAL ITALIANO:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/tarentaal-geregte.html

 
[OUBAAS]
2 groot tarentale, in porsies gesny
30ml rooiwynasyn
gegeurde seesout
koekmeel
60ml olyfolie
3 selderystingels, gesny
3 knoffelhuisies, gesny
30ml tamatiepesto of -pasta
250ml geskilde, gekapte vars tamaties
250ml rooi wyn
sout en peper
250ml hoenderaftreksel
125ml ontpitte groen olywe
125ml pitlose rosyne
30ml gekapte vars pietersielie

Vryf die vleis met die wynasyn in, bedek en laat staan 'n paar uur by kamertemperatuur. Dreineer en besprinkel liggies met seesout en meel. Verhit die olyfolie in 'n swaarboomkastrol en verbruin die vleis vinnig. Skep met 'n gaatjieslepel uit en hou eenkant. Voeg die seldery, knoffel, tamatiepesto, tamtaties, rooi wyn, geurmiddels en 250ml hoenderaftreksel by. Kook vinnig tot dit indamp. Voeg vleis by. Verlaag die hitte, bedek met botterpapier en plaas 'n deksel op die kastrol. Prut 1h -2h uur lank stadig of tot die vleis sag is. Voeg res van die bestanddele by en kook nog 10 minute sonder deksel. Sit voor. *Berie smith *Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



Erna Aucamp
TARENTAALPOT.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/tarentaal-geregte.html
2 Tarentale, gesny in porsies

1 Pak (250g) ontbytspek
10 aartappeltjies
1 hand vol klein droêappelkosies
3 naeltjies
‘n halwe koppie appelkooskonfyt
1 hand vol gemengde neute, gekap
2 hoenderaftrekselblokkies
Knypie peper
1 hand vol sultanas
Sout na smaak.

As ‘n hoender se boude begin optrek,dan weet ek hy is gaar. Maar ‘n tarentaal se boude kan kaal tot teenaan sy ken optrek, dan is hy steeds kunstande se moses. Daarom is die wagwoord vir tarentaal se kind “geduld”. Twee jong tarentale, as jy hulle in die hande kan kry, is uiteraard veel beter as twee oues.

Braai die tarentaalporsies saam met die gesnipperde spek totdat dit bruin is. Voeg nou die aartappeltjies by, asook die appelkosies. Prut vir sowat 1 uur. Meng die ander bestanddele in 'n bottel en giet bo-oor. ( Krummel die hoenderaftrekselblokkies voordat dit met die ander bestanddele gemeng word.) Prut vir nog ‘n halfuur. Moet in hemelsnaam nie die spul roer voordat die vleis gaar is nie.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

Tarentaal gestop met spek.

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/tarentaal-geregte.html
2 Tarentale, skoongemaak

½ kg ontbytspek
10 aartappels, geskil
6 uie, gesnipper
1 blik (410g) perskehelftes
½ k appelkooskonfyt
3 knoffelhuisies, gekerf
2 t peperkorrels
2 t vars gemmer, gekerf
Sout na smaak
Stop die borsvleis en boude met spek. Kook die tarentaal vir 2 uur. Voeg die aartappels en uie by en kook nog ‘n halfuur. Voeg nou die res van die bestanddele by en laat prut vir 10 minute.

DIE WAGWOORD VIR TARENTAAL SE KIND “GEDULD”.

Bron: MATIE BRINK SE POTJIEKOS:*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

WILDE-HOENDER GEREGTE



WILDEHOENDER MET OLYWE:
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/03/wilde-hoender-geregte.html

[OUBAAS]
'n Werfhoender van 1kg
sout
varsgemaalde swartpeper
50g swoerdlose spek, in fyn blokkies
'n goeie gryp tiemie
70g korslose witbrood
1 eier
4 grasuie (bol en stingels)
6 ontpitte swart olywe
2 toontjies knoffel
'n Verdere 4 heel repe swoerdlose spek
300 ml beesvleisaftreksel
4 hoenderlewers
25ml botter
'n knypie naeltjies
1 suurlemoen se fyn, geel skil
125ml room
brandewyn

Was die hoender goed, droog af en sout en peper binne en buite. Maak die lewers fyn, meng met die botter, naeltjies en suurlemoenskil. Druk die mengsel so ver jy kan tussen die hoender se vel en vleis in. Om die vulsel te maak, week die brood in louwarm water, druk droog en meng goed met die blokkies spek en die eier. Kap die grasuie fyn en voeg hulle by, tesame met die olywe (gehalveer) en die knoffel. Voorverhit die oond tot 200C. Stop nou die hoender met die vulsel en bind hom mooi vas met kombuistou nadat jy die repies spek om die bors, rug en dye gedraai het. Plaas die hoender, bors na onder, in 'n roosterpan in die middel van die oond.
Benat na 15 minute met 'n bietjie van die aftreksel. Draai na nog 15 minute om en bak nog 45 minute. Bedrup gereeld met die pansous. Verwyder die tou en skep die hoender in 'n warm opskepbak, omring met die repe spek. Hou warm. Skep die vet van die pansous af, bring tot kook en haal van die hitte af. Roer die room daardeur en 'n goeie sopie of twee brandewyn.
Baba-aartappels, soetworteltjies en broccoli rond die gereg af.*Berie*11/3/13

Tuesday, 29 January 2013

WILDSBILTONG / WORS / SOSATIES


Hier het ek dit gemaak en dit is Heerlik>Helena Kruger
Frieda Greyling

BUURVROU se WILDSOSATIES

Ek gebruik nou al 5 jaar buurvrou Aletta Nel, se sosatie resep vir my kudu stal by die Biltongfees! Hang maar af hoeveel blokkies jy het, ek verdubbel en verdubbel ..
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
2 uie, ringe gesny
1 kop wit asyn
30 ml geel suiker
120ml appelkooskonfyt
60 ml blatjang
45ml matige kerriepoeier
5ml borrie
8ml sout
3ml fyn gemmer
*Braai uie tot sag
*voeg res van best by en kook net 1 min.
*marineer blokkies 5 dae in houer in die yskas.
*ek ryg 2 kudu blokkies. varkspek, 3 kudu blokkies, varkspek, 2 kudu blokkies


 Eben Maritz

WILDSVLEIS-SALAMI

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
(Met erkenning aan Ben Heystek)
2kg Wildsvleis, sonder Bene en senings, in 50-mm blokkies gesny
1.75kg Varkvleis, sonder Bene en senings, in 50-mm blokkies gesny
2 Knoffelhuisies, fyngemaak
20ml Sout
10ml Vars gemaalde swartpeper
10ml Salpeter
125ml Droë rooiwyn
750g Spek in 3mm blokkies gesny
Salami omhulsel, 50mm in deursnee
Meng vleisblokkies met al die geurmiddels, behalwe die wyn en spek.
Maal grof en voeg die wyn by. Meng liggies maar deeglik en maal nog ‘n keer. Voeg gesnyde spekblokkies by. Stop omhulsel baie styf en bind met tou vas. Laat twaalf uur hang om geur te trek en omhulsel te laat droog word.
Berook vier uur en hang tien dae lank op ‘n koel plek om droog te word.




WILD DROËWORS MET HOLSUM VIR DUN DERMS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
5kg wildsvleis

1kg Holsum

250ml asyn

75g sout (5eetl)

25ml braaivleisspeserye

5ml naeltjies

10ml wit peper

5ml gerasperde neut

50ml koljander geskroei en gemaal

Sny vleis en Holsum in blokkies.
Meng al die droë bestandele. Strooi jou vleisblokkies oop en sprinkel asyn oor. Strooi res van bestandele oor meng goed, maal en stop in dun derms. *Greeff Heydenrych*






TRADISIONELE WILD DROËWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
5kg wildsvleis
1,3kg skaapstertvet
50g sout
50ml gemaalde koljander
5ml fyn naeltjies
10ml peper
200ml asyn
100g worsderms
Sny die vleis en vet in blokkies. Meng alle ander bestandele. Strooi jou vleisblokkies mooi oop, sprinkel die asyn daaroor en strooi die mengsel oor die vleis en vet blokkies. Meng deeglik en stop in medium derms. Hang op om droog te word. *Greeff Heydenrych*


Helena Kruger

Van Blommestein se wildswors

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
• 7 kg wildsvleis, in klein blokkies gesny
• 3 kg vet varkvleis, in klein blokkies gesny
• 1 kg spek, in blokkies gesnyy
• ¾ koppie geskroeide koljander, gemaal en gesif
• 4 eetlepels sout
• 1 eetlepel vars gemaalde swart peper
• 2 ½ teelepels fyn neutmuskaat
• 2 ½ teelepels gemaalde naeltjies
• 1 ½ koppie bruinasyn
• 300-400 g varkderms, in water geweek
1 Meng die wilds- en die varkvleisblokkies met die spek.
2 Sprinkel die sout en die peper, die neutmuskaat en die naeltjies oor en meng goed deur (gebruik jou hande – dit werk die beste). Bedek en laat oornag in die yskas sodat die geure mekaar kan vind.
3 Maal die vleis deur ‘n vleismeul, maar wees versigtig om die vleis nie te fyn te maal nie. Gooi die asyn by en meng liggies. Die spulletjie hou nie daarvan om te veel mee gekarring te word nie – dit maak die wors droog.
4 Stop die derms en laat oornag in die yskas rus. Weg 7/10/10 

WILDSWORS

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html

5 kg wildsvleis (helfte wild ander helfte skaap of vark of bees)
50 ml sout
50 ml koljander
5 ml peper
250 ml asyn
125 ml Worcestersous
100 g hawermout
Meng alles, maal en stop die wors.


WILDSMARINADES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
Die volgende marinades is heerlik vir wildvleis. Marineer die vleis `n dag of twee daarin.

MARINADE 1 2 Uie, gekap 125ml Kookolie 2 Takkies vars pietersielie, gekap 250ml Wit wyn 30ml Asyn 2 Lourierblare Sout en peper na smaak Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.

MARINADE 2 375ml Rooiwyn 125ml Asyn 1 Ui, gekap 2 Huisies knoffel, gekneus 5 Heel naeltjies Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.

MARINADE 3 375ml Rooiwyn, 125ml asyn of 250ml sjerrie 125ml Water 5ml Sout 2.5ml Swartpeper 2 Lourierblare 6 Heel peperkorrels 3 Heel naeltjies 22.5ml Bruinsuiker Meng alles saam. Verhit tot kookpunt, prut 5 minute en Iaat afkoel.

MARINADE 4 250ml Droë witwyn 500ml Appelkoos-, Lemoen- of pynappelsap 30ml Sojasous 60ml Kookolie 1 Lourierblaar 5ml Fyn knoffel 5 Heel naeltjies 5ml Gemaalde gemmer Meng alles saam. Geen kooktyd nodig.28/7/10 Carol Elliot Claassen





Helena Kruger

TRADISIONELE WILDSBILTONG

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
5kg biltongvleis
75g sout
5ml bruinsuiker
50ml grof gemaalde koljander
500ml asyn
2.5ml koeksoda (opsioneel)
(Alle lepelmates afgeskraap)
Meng al doe droë bestandele.  Pak die vleis in erde- of plastiekskottels.  Die biltonge heel onder.  Strooi speserye oor elke laag en besprinkle met asyn.  Roer die biltonge deeglik om na 12 uur.  Hang op om te droog na 24 uur.


BEREKEN DIE SPESERYE AS VOLG PER KILOGRAM VLEIS:

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.co.za/2013/01/wildsbiltong-wors-sosaties.html
15g sout
1ml bruinsuiker
10ml koljander
50ml asyn
*Maklike smaalike wildsgeregte* Greef Heydenrych