Tuesday 22 January 2013

SUURVYEKONFYT

SUURVYEKONFYT
1 kg suurvytjie
100 g sout, opgelos in 5 liter water
1 kg suiker
1 liter water
1 kaneelstokkie
Sny die stingels van die suurvye af, spoel vrugte goed af en week oornag in die soutwater.
Dreineer die vrugte en spoel weer goed.
Maak n stroop van die suiker, water en kaneel.
Laat opkook en voeg die vrugte by.
Kook totdat die vrugte blink en die stroop dik is.
Skep dadelik in warm, droë gesteriliseerde bottels en verseel.
Droe suurvye kan ook gebruik word. Week vye oornag in water en berei soos hierbo* Kook Suid-Afrikaans, Magdaleen van Wyk, 1986* Annette Swanepoel

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*
SUURVYEKONFYT
500g suurvye
625ml suiker
1250ml water
Pluk vrugte sodra dit geel en nie te ryp is nie. Skil baie dun af en laat oornag in soutwater. [Die vrugte moet goed onder die water toe wees.]
Gooi water die volgende oggend af en kook stroop van suiker en water.
Voeg vrugte by en kook tot deurskynend is en stroop die regte dikte. [Die konfyt moet 'n rooi kleur wees.]
Skep in bottels en koel af voordat bottels toegemaak word.*Bottel en Bere Erina Bezuidenhout*Berie Smith*


SUURVYEKONFYT
Die suur vleisgedeelte binne-in die vrug is slymerig met blink, bruin sade daarin. Die onderste deel van die vrug word afgebyt en die vleisgedeelte uitgesuig.
Heerlike konfyt word van suurvye gekook en dit word ook vir oosterse disse gebruik.
1 kg suurvye
100 g sout
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
6 liter water
Metode:
1. Sny die suurvye se punte af, spoel goed af en week oornag in 5 liter water en sout mengsel.
2. Gooi die water af, (moenie water weggooi nie, gooi oor in skoon kastrol)
3. Spoel af en skil.
4. Maak 'n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
5. Bring tot kookpunt en voeg die vye by.
6. Kook tot die vrugte blink en stroop lekker dik is - (+- so twee ure)
Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.*Boerekos*Berie Smith

No comments:

Post a Comment