Saturday 26 January 2013

TURKSVYE / PRICKLY PEAR





TURKSVY LIKEUR

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html

20 turksvye - geskil en in stukkies gesny

1 liter brandwyn - goeie gehalte
1 liter water of room
800 g suiker
Gooi die brandewyn oor die turksvye.
Laat staan vir 10 dae.
Gooi nou deur ‘n sif en meng met die suikerstroop of soetmelk - meng suiker en room en laat prut tot al die suiker gesmelt het - of as jy dit met water en suiker wil doen volg dieselfde metode.
Laat die likeur vir 20 dae staan.*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*






TURKSVY STROOP MET SKOP
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html

Helena Kruger
>+Foto
Voeg by elke 300 ml rooi turksvystroop 125 ml rum.
Giet dit in 500 ml bottels met `n draaidoppie en verseël dig.
Laat dit ongeveer 6 maande staan voor gebruik.

Die dame wat die resep oorspronlik ingestuur het, sê dat dit saam met vars room vir `n likeur gebruik kan word, of dit kan met sodawater na smaak verdun word vir `n verfrissende drankie of dit kan net so geskink word.
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*








TURKSVY-BLATJANG
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
Helena Kruger
*My eie een*
2kg groen turksvye
2 ui gekerf
10ml komyn [Cumin]
5ml sout
5ml swart peper
500ml wit asyn
500ml wit suiker
3 knoffelhuisies [gekerf]
6 groen brandrissies [rooi] gekerf
5ml kerriepoeier[Rajah]
2t marsala kerriepoeier
1k Sweet-chillie sous [of appelkooskonfyt]
Skil die turkvye dun af en kap die vrugte stukkend Plaas die turksvye in ‘n mengbak en strooi alles daaroor. Laat dit 2 ure staan[of oornag soos ek gemaak het] en roer dit dan af en toe. Kook dit more-oggend of na 2ure vir ongeveer 1-2h stadig tot lekker dik. Bottel warm en verseël dit dadelik.[brand***] 23/2/12 Helena Kruger [eie resep] **Baie Lekker*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*


TURKSVYE- SAP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
Ambelene Fandamaly
 1 koppie Turksvysap waarvan die pitte verwyder is
3 koppies onversoete appelmoes
4 t pektien
5 k strooisuiker
Suiker om bo oor te sprinkel
Plaas al die bestanddele in n groot pot
Plaas op ń lae hitte en roer totdat die suiker opgelos is.
Laat dan vinnig kook totdat die mengsel sagtebal staduim op ń suiker termometer lees.
Gooi uit in ń bak, sodra dit begin stol, strooi dan suiker liggies oor.
Laat dit dan vir 2 ure stol, sny in blokkies of met ń koekie drukker wat met spray en cook bespuit is,
Bekek die kante ook met suiker.
Plaas op bakpapier en laat dit oornag uitdroog.
Die lekkers sal vir twee weke vars bly
Jy verpulp die turksvye in n voedselverwerker of met n blender stick . Ek dink selfs as jy dir sny in klein stulkies en jy dit fyndruk met n vurk, dan gooi jy dit in n sif en drul dit met n lepel deur sodat die sap uit kom. Die sap kom maklik uit.*Kyknet Kokkedoor*
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*



TURKSVYBLADSUURTJIES

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
Sny vars, jong turksvyblaaie in repe (kan ook jong groen turksvytjies gebruik) en weeg die hoeveelheid af.  Gebruik vir elke 2kg die volgende bestandele:
750ml water
750ml wit asyn
37,5ml sout
37.5ml dille
15ml speserymengsel vir suurtjies
15ml swart peperkorels
Pak die turksvyrepe in inmaakflesse.  Verhit die water, asyn sout en geurmiddels tot kookpunt en vul die flesse daarmee, maar laat ‘n bietjie ruimte vir uitsit.  Verseël die flesse en darai die skroefringe daarna ‘n halwe draai los.  Steriliseer die suurtjies 10min lank by 100°C in ‘n waterbad. Haal die flesse uit en draai die skroefringe dadelik styf vas.  *Lekker vir later* 

*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

TURKSVYBLADSEEP

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
Gebruik die blaaie van kaalbladturksvye.  Die beste tyd om die seep te kook, is wanneer die blaaie geswel en sonder turksvye is. Indien blaaie met dorings gebruik word, moet dit eers afgeskroei word.  Blaaie wat geskil is, lewer wit seep en ongeskilde blare lewer groen seep.
Sny 12,5kg blaaie in repe op.  Smelt 6.5kg vet en voeg die blaaie by.  Kook dit totdat die blaaie se vesels los raak, roer die mengsel aanhoudend.  Skep die vesels met ‘n sif of lang vurk af. Los 1.5kg seepsoda in 7.5liter water op en voeg dit geleidelik by die mengsel.  Kook dit anderhalf uur lank oor matige hitte en roer dit gereeld. Laat die mengsel tot die volgende dag staan.  Sny die groot stukke kleiner en voeg 7.5 liter kookwater by.  Kook die mengsel ongeveer ‘n uur lank vinnig totdat dit soos gom lyk en roer dit deurentyd.  Giet dit in vorms wat met ‘n nat doek uitgevoer is en bedek ook die vorms.  Sny dit na 3 dae in stene op en laat dit verder droog word.  *Lekker vir later* 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




TURKSVYESTROOP MET SUIKER 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
Skil ryp turksvye af en sny die vleis in stukkies op.
Kook dit stadig sonder water totdat die mengsel sag is.[hier het ek bietjie water bygevoeg]
Vryf die pulp deur ‘n sif en meet die hoeveelheid puree af.
Voeg by elke 250ml puree 50g tot 100g wit suiker na gelang van soetheid van die puree asook 15ml suurlemoensap.
Verhit dit stadig tot koopunt en roer dit aan die begin tot die suiker opgelos is.
Kook die stroop oor matige hitte tot dik en roer gereeld.
Bottel die stroop warm en verseel dadelik
**.Foto> Helena Kruger*06/02/2017
N.S>Ek het net die Turksvye met n klein bietjie water gekook en toe aangegaan met die resep**Helena



GEBRUIKE
1. Vermeng 350ml stroop en 150ml rum, bottel die mengsel en kurk dit toe. Laat dit 6 maande verouder en bedien as likeur.
2. Gebruik die stroop in die plek van suiker oor melkkos of mieliepap
3. Versoet bruismelk daarmee
4. Giet dit oor warm wafels of roomys
5. Stowe groente soos patats, wortels en pampoen en vrugte in die stroop
*Lekker vir later"
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*




Carol Elliott Claassen
Prickly pear and chilli chutney 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
16 prickly pears
500 gr onion
1 teaspoon ground ginger
50 ml white vinegar
150 g sugar
1 teaspoon salt
1 stick cinnamon
1/2 teaspoon chopped fresh chilli
Peel the pears, leave 2 whole, cut into small pieces and pass them to other food mill to remove seeds.Add all other ingredients in a bowl and leave for 2 hours.Cook over very low heat for about 2 hours, stirring often, checking the consistency should be like a jam.
Put into sterilized jars, seal and let cool upside down.( Italiaanse vriend )
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

 

TURKSVY-ATJAR 

http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/01/truksvye-prickly-pear.html
1.5kg groen (onryp) turksvye waarvan die pitte nog sag is.
15ml komynsaad
15ml masala
15ml sout
10ml grofgemaalde swart peper
750ml wit asyn
300g wit suiker
60ml koekmeel
8 knoffelhuisies
4-6 groen brandrissies
30ml mosterdsaad
3ml kerriepoeier
375ml sonneblomolie
Skil die turkvye dun af en sny die vrugte in kwarte.  Kook dit 20min in ‘n bietjie water tot sag en dreineer goed.  Plaas die tursvye in ‘n mengbak en strooi komynsaad, masala, sout, en peper daaroor.  Laat dit 2 ure staan en roer dit dan af en toe.  Vermeng die asyn, suiker en meel en roer-kook dit oor matige hitte tot dik.  Giet oor die vrugtemengsel. Skil en kneus die knoffel en ontpit die rissies.  Soteer die knoffel, rissies, mosterdsaad en kerriepoeier 10 min in die olie. Giet die mengsel oor die vrugtemengsel en roer dit goed deur.  Bottel die atjar warm en verseël dit dadelik. 
*Lekker Resepte vir die Jongergeslag*

1 comment:

  1. Goeiedag. Ek is besig met die likeur, moet die finale mengsel in die yskas staan vir 20 dae of by kamertemperatuur? Sal die room nie suur word by kamertemp. nie?
    Ook, moet die turksvymengsel wat vir 10 dae staan lugdig geseel wees en teen watter temp.?
    Vriendelike groete.

    ReplyDelete